loading
Artikels
2 dae gelede
twintig-slim-vrae-vir-n-werkonderhoud-en-n-paar-om-te-vermy

Foto Krediet: OkayDeer

Twintig slim vrae vir ʼn werkonderhoud – en ʼn paar om te vermy

Deur Anja van den Berg

ʼn Werkonderhoud is ʼn tweerigtingstraat: dis nie net die werkgewer wat die aanstelbesluit neem nie. As ʼn kandidaat het jy die reg – en die mag – om te besluit of jy by die maatskappy sal inpas. Een van die belangrikste maniere om die inligting te kry wat jy nodig het om jou besluit te neem, kom gewoonlik aan die einde van jou onderhoud. Dit is wanneer die onderhoudvoerder of paneel jou sal nooi om vrae te vra.

“Dit is belangrik om ʼn plan te hê vir hoe jy gaan reageer, en ʼn lys vrae spesifiek vir daardie geleentheid,” sê Amy Gallo, die outeur van Getting Along: How to Work with Anyone (Even Difficult People). “Hierdie geleentheid om vrae te vra is een wat jy nie moet opmors nie. Dit is nog ʼn kans om jouself te bewys en om uit te vind of die werk reg is vir jou.”

Gallo gee ʼn lys kategorieë met voorbeeldvrae vir jou om te oorweeg. Onthou, jy hoef nie al 20 te vra nie! Kies vooraf dié wat die meeste relevant is vir jou, jou belange en die spesifieke werk. Kom ons kyk na hulle:

Vrae oor die rol van die pos

  1. 1. Wat is die belangrikste ding wat ek in die eerste 90 dae moet regkry?
  2. 2. Vertel my meer oor die prestasieoorsigproses. Hoe dikwels sal ek geëvalueer word en teen watter metrieke of doelwitte sal my prestasie geëvalueer word?
  3. 3. Met watter projekte moet ek onmiddellik begin?
  4. 4. Hoe lank voordat ek … [kliënte sal ontmoet, verantwoordelikheid vir my eie rekeninge gegee sal word, wisselwerking met ander departemente sal hê, ens.]?

Vrae oor jou span

  1. 1. Wat is die grootste uitdagings waarvoor ek in hierdie pos te staan sal kom?
  2. 2. Verwag julle dat my primêre verantwoordelikhede in hierdie pos binne die volgende ses maande tot ʼn jaar sal verander?
  3. 3. Met wie sal ek die nouste saamwerk?
  4. 4. Met watter ander departemente of eenhede sal ek interaksie hê?
  5. 5. Vertel my meer van diegene aan wie ek regstreeks rapporteer?
  6. 6. Wat is die span se sterktes en grootste uitdagings?

Vrae vir die aanstellingsbestuurder

As die onderhoudvoerder jou potensiële baas is, sluit vrae soos die volgende in:

  1. 7. Hoe lank is jy al by die maatskappy?
  2. 8. Hoe lank is jy al ʼn bestuurder?
  3. 9. Wat is vir jou die gunstelingdeel van die werk hier?

Vrae oor die maatskappy en kultuur

  1. 10. Op watter doelwitte fokus die maatskappy tans en wat is hierdie span se rol in die bereiking daarvan?
  2. 11. Wat maak jou die meeste opgewonde oor die maatskappy se toekoms?
  3. 12. Hoe sou jy die maatskappy se waardes beskryf?
  4. 13. Hoe het die maatskappy oor die laaste paar jaar verander?
  5. 14. Hoe integreer julle tipies (afgeleë) werknemers?
  6. 15. Wat vind nuwe werknemers tipies verrassend nadat hulle begin het?
  7. 16. Wat is jou gunsteling kantoortradisie?

Vrae oor professionele ontwikkeling, loopbane, en toekomstige geleenthede

  1. 17. Watter leer- en ontwikkelingsgeleenthede is daar vir my in hierdie rol?
  2. 18. Is daar voorbeelde van ʼn loopbaanpad wat uit hierdie pos voortspruit?
  3. 19. Wat is die algemene loopbaanpaaie in hierdie departement?
  4. 20. Waarheen het suksesvolle werknemers beweeg?

Is daar enige vrae wat jy nie moet vra nie? Gallo beveel aan dat mens vrae vermy wat voorbarig en arrogant klink. Voorbeelde: “So, wanneer kan ek begin?” en: “Hoekom moet ek hierdie pos aanvaar?” En moet ook nie iets vra wat jy sou geweet het as jy vooraf bietjie navorsing gedoen het nie. Laastens, moenie te diep op salaris en voordele ingaan tensy julle in die laaste rondtes van die onderhoudproses is nie.

Solidariteit bied ’n ondersteuningsnetwerk vir diegene wat werk en steeds soekend vir die perfekte pos is.

Skep jou gratis profiel op Solidariteit en sluit aan by jou grootste Afrikaanse aanlyn netwerk van werk.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel