loading
Artikels
1 dag gelede
van-die-wieg-tot-die-graf-solidariteit-staan-saam-met-jou-hele-gesin

Foto Krediet: OkayDeer

Van die wieg tot die graf – Solidariteit staan saam met jou hele gesin

Sterk gesinne vorm die kern van ʼn sterk Afrikanergemeenskap. Op 21 April 2025 vier Solidariteit saam met julle Gesinsdag. Solidariteit is op Christelike en gesinswaardes gegrond en die rede vir sy bestaan is om ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms vir jou, jou gesin en jou nageslag op Afrika-bodem te verseker. Lees meer hier!


Deur Leré Nel

Die toekoms word vir Suid-Afrikaners, en veral vir die Afrikaner, gekenmerk deur twyfel en onsekerheid. Sal ons kan aanhou om vry, veilig en voorspoedig hier te kan woon en werk? Solidariteit veg elke dag vir daardie bestaansreg vir jou, jou gesin en veral jou nageslag.

Ter viering van Gesinsdag op 21 April

In ʼn onsekere Suid-Afrika is dit nou belangriker as ooit tevore om êrens te behoort – om deel te wees van ʼn sterk gemeenskap wat jou dra, ondersteun en saam met jou aan ʼn toekoms bou. Op hierdie Gesinsdag vier Solidariteit nie net die waarde van die gesin nie, maar ook die rol wat Solidariteit regstreeks in duisende gesinne se lewens speel – van die wieg tot die graf.

Meer as ʼn lidmaatskap – ʼn lewenslange vennootskap

Wanneer ʼn jong gesin by Solidariteit aansluit, begin hul reis saam met ʼn vakbond wat met trots op Christelike waardes gebou is en ʼn toekoms in Afrikaans vorm. Of jy nou ʼn ouer is wat op ʼn regverdige werkplek aandring, of ʼn jong volwassene wat jou loopbaan in die regte rigting wil stuur – Solidariteit kan jou bystaan.

Van skoolkind tot student…

Vir skoliere beteken dit toegang tot gehalte-hulpbronne soos Wolkskool en skoolondersteuning deur die Skoleondersteuningsentrum (SOS). As student kan jy waardevolle hulp ontvang deur Solidariteit se Studente-aanbod, soos mentorskap-geleenthede en vaardigheidsontwikkeling deur Akademia of Sol-Tech. Studente en jong werkendes kry toegang tot gratis opleidingskursusse, loopbaanbeplanning, professionele netwerke, mentorskap en ondersteuning wat hulle help om hul plek in die arbeidsmark te vind en hulself in hulle beroep te vestig.

Vir ouers en ouer volwassenes…

Vir werkende ouers bied Solidariteit beskerming in die werkplek, onderhandeling in die werkplek en bystand in tye van onreg of werkverlies. Wanneer dit moeilik gaan, is daar ʼn netwerk wat jou regte beskerm en jou stem laat hoor. Solidariteit staan ook ouer werkende mense by wat dikwels ouderdomsdiskriminasie en aflegging in die gesig staar.

Ander instellings binne die Solidariteit Beweging, soos Helpende Hand, ondersteun lede en hul gesinne deur emosionele en materiële ondersteuning in tye van swaarkry, spanning, trauma of verlies.

Tot in jou winterjare…

Vir afgetrede lede bied Solidariteit steeds betrokkenheid, voordele en ondersteuning – want lidmaatskap eindig nie by aftrede nie.

Gesinne floreer waar die gemeenskap sterk is – en omgekeerd!

Sekerheid en ondersteuning is nodig vir ʼn gesin om te floreer. Solidariteit is meer as ʼn vakbond – dit is ʼn burgerlike beweging wat jou gesin in elke fase van die lewe dra. Dit is ʼn veilige ruimte waar kinders kan groei, jongmense hul drome kan nastreef, ouers beskerm en bemagtig word, en bejaardes nie vergeet word nie.

Op Gesinsdag vier ons jou gesin – én ons gemeenskap

Solidariteit glo dat die toekoms van ons mense gebou word op gesonde, sterk gesinne – en daarom staan ons saam, werk ons saam en bou ons saam. Want om lid van Solidariteit te wees, is nie net ʼn keuse vir jouself nie – dis ʼn belegging in jou gesin se toekoms.

Sluit vandag nog aan. Bou saam aan ʼn toekoms vir jou hele gesin.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel