loading
Artikels
10 maande gelede
veels-geluk-solidariteit-die-studente-aanbod-vier-saam-fees

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit se #Studentelewe-groep vier saam fees!

Deur Ané Janse van Renbsurg

Kan jy dit glo? Solidariteit se aanlyn platform is reeds ʼn jaar oud! Dis nie net ʼn verjaarsdagviering nie, maar ook ʼn geleentheid om die Studente-aanbod wat vanjaar geloods het, te vier.

Wat ʼn jaar!

Solidariteit se aanlyn platform het reeds in sy eerste jaar gewys dat dit die plek is waar dinge gebeur. Of jy nou op soek is na relevante hulpbronne, verrykende kursusse of ʼn netwerk waar slimkoppe in oorvloed is, Solidariteit se platform is waar jy móét wees. Solidariteit het die afgelope jaar die platform verander in iets wat nie net sin maak vir mense in verskillende beroepe nie, maar nou ook spesifiek vir studente soos jý!

Wat ons Studente-aanbod behels

Ons weet hoe moeilik dit soms kan wees om in beheer van jou studie te bly. Daarom het ons ʼn alles-in-een-aanbod vir studente geskep. Hier kry jy toegang tot alles wat jy benodig, van akademiese ondersteuning tot loopbaanadvies, en selfs wenke om jou finansies reg te bestuur. Of jy nou ʼn eerstejaar- of ʼn finalejaarstudent is, hierdie aanbod is spesiaal vir jou saamgestel.

Met Solidariteit aan jou kant is jy nie net besig om ʼn kwalifikasie te verwerf nie, maar jy bou ook selfvertroue op en is jy reeds ʼn stap voor die res van jou mede studente wanneer jy die werkplek betree. Dis meer as net hulp – dis ʼn volledige gereedskapkis wat jy in jou studentedae kan gebruik en jou vir die lewe daarna kan voorberei.

Studentelewe-groep: Dit is waar die pret begin

Maar wag, daar is meer! Solidariteit het ook ʼn splinternuwe Studentelewe-groep op die platform geskep. Hierdie groep is waar jy met ander studente kan skakel, hoor van geleenthede wat jy kan bywoon en toegang tot hulpbronne kan kry wat jou in jou studentelewe sal help en ondersteun!

Die Studentelewe-groep gaan jou studentejare net sóveel lekkerder maak. Dit is jou kans om met ander slimkoppe te netwerk en dalk net jou volgende beste idee te kry.

Solidariteit se aanlyn platform het sy eerste jaar agter die rug, en ons kyk vorentoe na dit wat voorlê. Die Studente-aanbod en Studentelewe-groep is net die begin van groot dinge. So, as jy nog nie aangesluit het nie, waarvoor wag jy? Kom wees deel van hierdie netwerk en maak die beste van jou studentejare. Ons is hier om jou te help om sukses te behaal, te groei en jou volle potensiaal te bereik. Klik hier om jou gratis Solidariteit-profiel te skep.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel