
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Blink uit in jou loopbaan met die Solidariteit Finansiesnetwerk se slypskool!
Deur Leré Nel
As jy ʼn passie het vir syfers, beplanning, entrepreneurskap of die bou van ʼn suksesvolle loopbaan in die finansiële sektor, is die Solidariteit Finansiesnetwerk se Slypskool jou ideale vertrekpunt! Hierdie is die eerste Afrikaanse aanlyn kursus van sy soort, en is ontwikkel deur kenners in die bedryf om vir jou praktiese vaardighede te leer wat jy dadelik in die werkplek kan toepas.
Vir wie is dié slypskool bedoel?
Of jy nou ʼn jong praktisyn is wat sopas die arbeidsmark betree het, ʼn finansiële klerk is wat jou vaardighede wil opknap, of eenvoudig meer selfvertroue in die finansiële veld wil opdoen – hierdie slypskool is vir jou!
Wat jy kan verwag:
Die slypskool bestaan uit nege praktiese modules wat die volle spektrum van beroepe in die finansiële veld dek, onder andere:
- Die verwagting van ʼn finansiële klerk in die praktyk
- Rekeningkundige sagteware soos Sage en QuickBooks
- BTW-rekonsiliasie en belastingbegrippe
- Kontantvloei- en risikobestuur
- Kodering en kunsmatige intelligensie
- Professionele verslagdoening en nog baie meer!
Lees hier meer oor die volledige inhoud van die kursus.
Leer op jou eie tyd, in jou eie taal
Hierdie is die enigste Afrikaanse slypskool van sy soort vir beroepe in die finansiële rigting. Jy kan die kursus aanlyn voltooi op jou eie pas – ideaal vir jong werkendes of studente.
Wat sê vorige deelnemers?
“Puik! Baie insiggewend en prakties.”
“Ek het regtig baie geleer – dis nie net teorie nie, maar dinge wat ek in my werk kan gebruik.”
“Fantasties dat dit in Afrikaans is. Ek voel nou regtig voorbereid!”
Solidariteit-lede kry GRATIS toegang!
As jy reeds ʼn lid is, kan jy gratis inskryf vir hierdie waardevolle slypskool. Is jy dalk nog nie ʼn lid nie? Sluit vandag nog aan, en begin leer.
Moenie wag om aan die diep kant ingegooi te word nie.
Die finansiële sektor is ʼn vinnig veranderende industrie – maak seker jy hou by. Hierdie slypskool gee jou nie net kennis nie, maar ook die selfvertroue om te weet hoe om jou in die praktyk te handhaaf, professioneel op te tree en in jou loopbaan te groei.
Skep jou profiel en skryf hier in.
Bly ingeskakel by Solidariteit se voortgesette leer-aanbod – jou sleutel vir vooruitgang in jou loopbaan.