loading
Artikels
2 weke gelede
verskaf

Foto Krediet: Verskaf

Meer as 40 organisasies sê hulle sê oor Bela

Organisasies het ook eendragtig hul teenstand uitgespreek teen die artikels in die Bela-wet wat handel oor taal- en toelatingsbeleid by skole. Duisende mense het die protesaksie op 5 November bygewoon.

By ‘n mediakonferensie wat ‘n dag vroeër gehou is, het die organisasies hulle standpunte rondom Bela duidelik gemaak.


Dr. Hendrik Theys, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, het die gevoel van die dag opgesom met die woorde: “Ons mag nie taalmoord toelaat nie.”
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gesê dat mense ʼn paar kilometer moet stap om te keer dat ons kinders nie duisende kilometers ver moet wegvlieg nie.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê die Bela-geveg is die grootste geveg sedert dié organisasie se stigting.
Heindrich Wyngaard, uitvoerende voorsitter  van die Kaapse Forum, het bevestig dat Bela alle Afrikaanse gemeenskappe bedreig en tot taalverwarring en swakker onderwys in die bruin gemeenskap sal lei.
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê Bela val die siel van die Afrikaanse gemeenskap aan. Daarom moet politieke partye en die regering van nasionale eenheid (RNE) hoor: “Bela is ons rooi lyn.”
Paul Sauer, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, het klem gelê op die demokratiese reg van ouergemeenskappe.
Duisende Afrikaanssprekendes en ondersteuners van moedertaalonderwys het Dinsdag, 5 November, by die Voortrekkermonument saamgetrek en na Freedom Park gestap.
Volgens die Solidariteit Beweging, wat die optog georganiseer het, is dit die grootste Afrikaanse optog sedert 1994.
Die organisasies wat die mediakonferensie bygewoon het, steun almal die optog.
Die leier van die DA, John Steenhuisen, die leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Groenewald, die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, en ander regeringsverteenwoordigers het ook die geleentheid bygewoon. Verskeie leiers uit tradisionele gemeenskappe het ook hul steun vir moedertaalonderwys getoon.

Hiermee die volledige lys van organisasies:

AfriForum

Afrikaanse

Afrikaanse Taalraad

Afrikanerbond

Afrikanerstigting

Akademia

AP Akademie

Aros

Begrond

Bo-Karoo Opleiding

DA

Dagbreektrust

EduXplore

FAK

Vryheidstigting

Gawie le Roux Regsinstituut

ICO

Kaapse Forum

Kanton

Kragdag

Maroela Media

MOS

Neasa

Onderwysnetwerk

Orania Beweging

Pretoria FM

Pretoria Sakekamer

Rapportryers

Sakeliga

SAOU

Solidariteit

Solidariteit Beweging

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut

Sol-Tech

SOS

TLUSA

Trust vir Afrikaanse Onderwys

Voortrekkers

Vryheidsfront Plus

Saai

Patriotic Alliance


Volgens dr. Theuns Eloff, sameroeper van die Afrikanerleiersnetwerk en voorsitter van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, is die weerstand teen Bela baie wyd. Hy sê die implementering van Bela se gewraakte artikels oor taal en toelating sal enkelmedium- Afrikaanse skole binne drie tot vyf jaar totaal verengels.


Volgens Kallie Kriel en dr. Dirk Hermann, twee van die onderhandelaars oor Bela, is daar verskeie harde onderhandelingsprosesse met verskeie politieke partye aan die gang. Die druk wat die protesaksie skep, gaan baie help met die onderhandelinge. Dit moet ʼn magsvertoon wees.

Daar is ook onderhandelinge in die RNE aan die gang.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel