loading
avatar
Artikels
23 uur gelede
vlymskerpverkope-webinaar-digitale-media-en-ki-slim-tegnologie-vir-beter-verkope

Foto Krediet: Solidariteit

#VlymskerpVerkope-webinaar: Digitale media en KI – slim tegnologie vir beter verkope

Deur Kyla-Ann du Toit

Die verkoopspeelveld verander vinniger as ooit tevore. Kliënte is digitaal, ingelig en verwag vinnige, persoonlike diens. Tegnologie – en veral kunsmatige intelligensie – speel ʼn al groter rol in hoe verkope gedoen word.

Vir baie verkoopspersone voel dit egter asof tegnologie besig is om die menslike element uit verkope te haal, maar wat as jy tegnologie kan gebruik om juis sterker verhoudings te bou?

Solidariteit se eerste #VlymskerpVerkope-webinaarsessie vir die jaar skop op 14 April 2026 om 13:00 af. In hierdie sessie gaan Lizette Volkwyn, internasionale spreker, meester lewensafrigter en gedragspesialis met meer as 20 jaar se ervaring in menslike gedragsinsig, kommunikasie en vertroue, jou wys hoe om KI en digitale media strategies te gebruik om jou verkoopsproses te versterk – sonder om die menslike aspek te verloor.

Bou vertroue in ʼn digitale wêreld

Vandag begin baie verkoopsprosesse lank vóór die eerste gesprek met ʼn kliënt. Jou aanlyn teenwoordigheid, jou inhoud en jou sigbaarheid bepaal reeds hoe ʼn kliënt jou sien.

Lizette gaan daarop fokus om jou te help verstaan hoe jy digitale platforms kan gebruik om geloofwaardigheid te bou, vertroue te vestig en jou boodskap duidelik oor te dra. Haar benadering kombineer tegnologie met menslike insig, sodat jy nie net gehoor word nie, maar ook vertrou word.

As slegs een van ʼn handjievol internasionaal gesertifiseerde MCeFF-konsultante in emosionele intelligensie, en een van slegs twee gesertifiseerde spesialiste in menslike leuenverklikking in Suid-Afrika, bring Lizette ʼn unieke mensgesentreerde perspektief na moderne verkope.

Wat gaan jy in die sessie leer?

Hierdie sessie is ideaal vir enige verkoopspersoon wat relevant wil bly in ʼn digitale wêreld. Of jy nou reeds tegnologie gebruik of nog onseker is waar om te begin, hierdie webinaar gaan jou help om dit met selfvertroue in te span.

In hierdie #VlymskerpVerkope-sessie gaan jy leer:

  • • hoe om sosiale media strategies te gebruik om geloofwaardigheid te bou vóór die eerste gesprek met ʼn kliënt;
  • • hoe om KI as jou persoonlike verkoopsassistent te benut;
  • • hoe die nuwe “verkoopstregter” in ʼn digitale wêreld werk; en
  • • hoe om tegnologie te gebruik sonder om die menslike element in verkope te verloor.

Met hierdie insigte gaan jy beter toegerus wees om by ʼn veranderende mark aan te pas en jou verkoopsbenadering te verfyn.

Datum: 14 April 2026

Tyd: 13:00 – 13:30

Plek: Aanlyn op Microsoft Teams

Registreer só vir die gratis webinaarsessie

  1. 1. Registreer jou gratis profiel (klik hier om dit sommer nou te doen).
  2. 2. Klik op die roterende webinaarbanier regs op die skerm.
  3. 3. Vul die vorm in om jou plek te bespreek.
  4. 4. Jy sal die webinaarskakel in jou e-pos vanaf Microsoft Teams ontvang.

Moenie die geleentheid misloop om tegnologie tot jou voordeel te gebruik nie en jou verkoopsvaardighede vlymskerp te maak nie. Indien jy reeds ʼn profiel op Solidariteit het, klik hier om sommer vandag nog vir die sessie te registreer.

Maak jou verkope vlymskerp!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel