loading
Artikels
3 dae gelede
voordele-van-voortgesette-leer-om-jou-in-die-werkplek-te-laat-uitstaan

Foto Krediet: OkayDeer

Voordele van voortgesette leer om jou in die werkplek te laat uitstaan

Deur Maryna Eksteen

Die arbeidsmark verander voortdurend en dit is noodsaaklik vir jou om jou vaardighede deurlopend te ontwikkel. Voortgesette leer, oftewel lewenslange leer, is nie net ʼn sleutel tot selfverbetering nie, maar ʼn strategie om bo jou mededingers in die werkplek uit te blink. Deur jou kennis en vaardighede aan te vul en by nuwe tendense aan te pas, kan jy nie net jou werkverrigting verbeter nie, maar ook jou waarde vir jou werkgewer verhoog. Een manier om dit te doen, is deur toegang tot beroepspesifieke opleidingskursusse, soos dié wat Solidariteit bied.

Hier is ʼn paar redes waarom jy van Solidariteit se aanbod vir voortgesette leer gebruik moet maak:

  • Bly relevant in die werkplek: Deur jou vaardighede voortdurend te verbeter en nuwe vaardighede aan te leer, bly jy altyd op hoogte van die nuutste tegnologieë, prosedures en bedryfstandaarde. Dit stel jou in staat om jou werk beter uit te voer, asook om probleme vinniger en doeltreffender op te los. Werkgewers waardeer werknemers wat aanpasbaar is en bereid is om te leer, aangesien hulle ʼn sleutelrol speel in die aanpassing by en verbetering van die onderneming
  • Staan uit bo jou mededingers: Solidariteit se kursusse is spesifiek ontwerp om jou beroepsvaardighede te bevorder.Of jy nou in gesondheidsorg, regte, finansies of enige ander bedryf werk, Solidariteit het nagenoeg 150 beroepspesifieke kursusse wat jy aanlyn kan voltooi. Hierdie kursusse is nie net van hoë gehalte nie, maar is ook volgens jou beroep en bedryf aangepas, wat dit makliker maak om die regte kursusse te kies wat jou loopbaan kan bevorder.
  • Leer op jou eie tyd: Een van die grootste uitdagings van voortgesette leer is om tyd in jou reeds besige lewe te maak. Solidariteit se aanlyn leerplatform maak dit egter vir jou moontlik om kursusse op jou eie tyd en vanuit die gemak van jou huis te voltooi. Dit beteken jy hoef nie jou werk of ander daaglikse verpligtinge te onderbreek nie. Die aanlyn formaat maak dit ook maklik om die tempo van jou leerervaring self te beheer, wat jou toelaat om dit by jou eie roetine aan te pas.
  • Solidariteit-lede het gratis toegang tot die leerplatform: As Solidariteit-lid kry jy gratis toegang tot nagenoeg 150 kortkursusse wat nie net teorie dek nie, maar ook praktiese vaardighede wat jou kan help om in jou loopbaan te groei. Van bestuurs- en kommunikasievaardighede tot spesifieke tegniese opleiding – hierdie kursusse kan jou help om jou werksverrigting te verbeter en bo jou mededingers uit te staan.

Daar is deurlopend kompetisie in die werkplek, en om bo jou mededingers uit te staan, moet jy meer doen as net jou basiese werkvereistes na te kom. Deur voortgesette leer en vaardigheidsontwikkeling sal jy nie net jou werkgewer beïndruk nie, maar jy sal ook groter verantwoordelikhede kan aanneem en hoër posisies in jou organisasie kan beklee. Kursusse wat jou lei tot beroepsbekwaamheid en spesialisasie sal jou help om jou loopbaangroei te versnel en jou bemagtig om die toekoms van jou beroepsveld met vertroue te betree.

Solidariteit bied jou die nodige gereedskap en hulpbronne om jou volle potensiaal te bereik en die toekoms van jou loopbaan te beheer. Begin vandag met jou reis van lewenslange leer en benut die waardevolle leergeleenthede wat jou Solidariteit-lidmaatskap bied. Indien jy nog nie jou gratis profiel op Solidariteit geskep het nie, klik hier of koppel jou lidmaatskap hier.

Saam sal ons vry, veilig en voorspoedig wees!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel