loading
Artikels
1 jaar gelede
voorgesette-leer-elkeenhelpeen

Foto Krediet: OkayDeer

#ElkeenHelpEen deur voortgesette leer

Met lewenslange leer kan jy aan die voorpunt van verandering bly en bo jou mededingers uitstaan. Met Solidariteit se voortgesette leer kan jy jou gemeenskap as deel van #ElkeenHelpEen bystaan.

#ElkeenHelpEen is eintlik heel eenvoudig. Solidariteit staan sy lede by deur voortgesette leer sodat die lede hulle loopbaandoelwitte kan bereik. Indien jy as deel van ʼn gemeenskap verder leer, verhoog jy die waarde van jou gemeenskap as geheel. Jy kan dalk nie die land red nie, maar jy kan wel ʼn verandering in jou gemeenskap teweegbring. #ElkeenHelpEen.

Hoe kan jy jouself deur voortgesette leer bemagtig?

Deur van Solidariteit se voortgesette leer gebruik te maak, kan jy ’n kursus of twee voltooi en binne jou beroep bo jou mededingers uitstaan. Dit maak nie saak of jy ’n ambagman, prokureur of onderwyser is nie, Solidariteit het ’n kursus wat spesifiek op jou beroep betrekking het. Klik hier om Solidariteit se volledige lys kursusse te besigtig.  

Met die wêreld van werk wat gedurig verander en die invloed van die Vierde Industriële Revolusie (4IR) is aanpasbaarheid en die belangrikheid van voortgesette leer weereens beklemtoon. So ook is die krag van ʼn gemeenskap na die voorgrond gebring. As die staat ons uitskop, tree die gemeenskap in.

 “#ElkeenHelpEen is in ons gene. Dit was as gevolg van elkeen wat ʼn ander een gehelp het, wat die opstaan ná die Anglo-Boereoorlog bewerkstellig is. Die beginsel van elkeen wat ʼn ander een gehelp het, was die hart van die Helpmekaarbeweging ná die 1914-rebellie. Dit is dié beginsel wat Sanlam, Santam en Volkskas gebou het. Dit is wat Afrikaners uit die armblankevraagstuk laat opstaan het. #ElkeenHelpEen was die wese van die Reddingsdaadbond en Federale Volksbeleggings. #ElkeenHelpEen is ons historiese hartklop. #ElkeenHelpEen kyk verby blote eiebelang. Dit is ʼn klein belegging in die toekoms. Dit is iets groters waaraan ek en jy bou. Dit is vir ʼn volgende geslag,” – Dr. Dirk Hermann, Bestuurshoof van Solidariteit.

Klik hier om deel van jou werkgemeenskap te raak waar elkeen skaamteloos kan sê #ElkeenHelpEen. Indien jy meer oor voortgesette leer wil weet, lees gerus hier meer.

Jou toekoms is in jou hande! Saam sal ons vry, veilig en voorspoedig wees.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel