loading
Artikels
3 dae gelede
vyf-redes-waarom-voortgesette-leer-op-elke-moderne-cv-hoort

Foto Krediet: OkayDeer

Vyf redes waarom voortgesette leer op elke moderne CV hoort

Die vyfde nywerheidsrevolusie is op pad – en daarmee saam ʼn toenemende vraag na sagte vaardighede. Vind uit hoe jy jouself hierop kan voorberei om relevant in jou beroep te bly!


Deur Leré Nel

In ʼn wêreld waar tegnologie vinniger verander as wat jy “update” kan sê, is daar een ding wat werkgewers regtig wil hê: aanpasbaarheid – veral as dit duidelik sigbaar op jou CV is.

Volgens die Wêreld Ekonomiese Forum sal 50% van alle werknemers hierdie jaar al nuwe vaardighede moet aanleer om by te hou met tegnologiese verandering. As jy dus nog steeds dieselfde vaardighede op jou CV het as vyf jaar gelede, is dit dalk tyd vir ʼn opgradering. Hier is vyf redes waarom voortgesette leer jou geheime wapen is:

1. Jy bly relevant in ʼn veranderende werkswêreld

Tegnologiese vooruitgang, kunsmatige intelligensie (KI) en outomatisering verander beroepe vinniger as wat universiteite kursusse kan ontwerp. Deur gereeld kortkursusse te doen en nuwe vaardighede aan te leer, wys jy nie net dat jy aanpasbaar is nie, maar dat jy ook leiding kan neem te midde van verandering. Dit is veral belangrik in beroepe waar prosesse, platforms of sagteware gereeld opgedateer word.

2. Jy word vinniger bevorder en verdien meer

Navorsing deur LinkedIn toon dat mense wat aktief aan leer deelneem, 29% meer geneig is om binne ʼn jaar bevorder te word. Hoekom? Omdat dit aandui dat jy jou werk ernstig opneem en dat jy op groei ingestel is – iets wat werkgewers waardeer en beloon. Werknemers wat voortdurend leer het ook meer bedingingsmag tydens salarisonderhandelinge.

3. Jy wys jy is honger om te leer – en dit laat jou uitstaan

Werkgewers soek mense wat hulself kan ontwikkel, nuwe vaardighede kan aanleer en gemotiveerd is om te verbeter. Elke kursus wat jy voltooi, wys dat jy op selfverbetering ingestel is – en dit versterk jou selfvertroue. Dit skep ook vertroue by jou werkgewer oor jou vermoë om verantwoordelikheid vir groter take te aanvaar.

Solidariteit help jou hiermee – gratis vir lede. Jy kry toegang tot nagenoeg 150 aanlyn kursusse, spesifiek ontwerp vir jou beroep. Daar is ook ʼn CV-gids op die platform beskikbaar om jou te help om jou vaardighede professioneel en strategies op jou CV aan te dui.

4. Jy ontwikkel belangrike sagte vaardighede wat jy wérklik gebruik

Tegnologie is nuttig, maar dit is steeds mense wat probleme moet oplos, kommunikeer, besluite neem en spanne lei. Danksy voortgesette leer ontwikkel jy nie net tegniese vaardighede nie, maar ook sagte vaardighede soos probleemoplossing, kritiese denke, tydsbestuur en emosionele intelligensie. Dis juis hierdie vaardighede wat jou help om nuwe tegnologieë doeltreffend te gebruik en spanlede positief te beïnvloed.

5. Jy bou aan ʼn CV wat saam met jou groei

Deur voortdurend kortkursusse op jou CV by te voeg, wys jy ʼn duidelike en doelbewuste verbintenis tot selfverbetering. Jy wys dat jy nie tot ʼn enkele rol beperk is nie – jy is op pad êrens heen en is verbind tot professionele groei in jou beroep. Gebruik Solidariteit se CV-gidsom jou nuwe vaardighede reg te struktureer en ten toon te stel – en laat jou CV die praatwerk doen nog vóór jy by jou volgende werksonderhoud instap.

Begin vandag nog

  1. Skep jou gratis profiel op www.solidariteit.co.za
  2. Koppel jou lidmaatskap
  3. Blaai deur die kursusse en kies wat by jóú loopbaan pas
  4. Laai die CV-gids hier af
  5. Voltooi jou kursusse in jou eie tyd – en laat jou CV vir jou praat


Die wêreld van tegnologie wag vir niemand nie. Maar met aanpasbaarheid en voortgesette leer aan jou kant, bou jy nie net ʼn beter CV nie – jy bou aan ʼn toekoms waarin jy altyd werksekerheid sal hê.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel