loading
avatar
Blogs
5 dae gelede
wanneer-normaal-abnormaal-raak

Foto Krediet: Solidariteit

Wanneer normaal abnormaal raak

Deur dr. Dirk Hermann

News24 en Panyaza Lesufi is histeries oor Bokkieweek.

Ek was dié week self by Bokkieweek. Die kinders het dit eenvoudig geniet. Dit is ʼn normale week waartydens kinders hul talente onbevange kan uitleef. Ouers neem verlof vir die week, kamp in die omgewing, pak hul kampstoele rondom die velde uit en almal geniet dit saam.

Dit is meer as net ʼn sportweek; dit is ook ʼn kultuurbelewenis.

Niemand daar dink in rasterme nie; hulle dink aan kinders wat dit geniet omdat dit normaal is.

ʼn Kultuurgemeenskap wat verantwoordelikheid vir sy kinders neem, is iets besonders. Daar is niks fout daarmee nie – inteendeel, dit is iets wat omarm moet word.

Bokkieweek is ook ʼn reaksie op die uitsluiting van kinders.

By ander proewe beleef kinders dat hulle gekeur word op grond van hoe hulle lyk en nie op grond van hoe hulle speel nie. Bokkieweek is ʼn normale reaksie daarop. Dit sluit juis kinders in wat deur ʼn rasstelsel uitgesluit word.

Die abnormaliteit in sport is raskwotas vir kindertjies. Die abnormaliteit in sport is rasskeidsregters wat spanne op grond van rasgetalle kan diskwalifiseer. Die rasbedeling in sport is die ware abnormaliteit.

Lesufi behoort eerder ontsteld te wees oor die rasbedeling in sport wat teen kindertjies diskrimineer, en nie oor ʼn normale week waartydens kindertjies net kan speel en hulself geniet nie.

Lees Dirk Hermann se volledige artikel hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel