Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Wat beteken ware vryheid in die werkplek?
Deur Kyla-Ann du Toit
Hoeveel talent gaan verlore wanneer mense moed opgee nog voordat hulle aansoek doen omdat hulle glo hulle sal nie eens oorweeg word nie? Wat gebeur wanneer rasvereistes jou vermoë beperk om die beste kandidaat vir jou onderneming aan te stel?
Jou toekoms behoort nie deur jou ras bepaal te word nie!
Solidariteit glo dat jou vaardighede, ervaring en harde werk swaarder as enige ander faktor weeg. Dit beteken dat werkgewers die beste kandidaat moet kan aanstel en dat werksoekers met vertroue vir poste kan aansoek doen omdat hulle weet hulle sal op meriete beoordeel word.
Jou toekoms moenie swart en wit wees nie
Stel jou ʼn werkplek voor waar die beste persoon vir die pos aangestel word. Waar ondernemings hul spanne kan bou volgens talent, ervaring en potensiaal. Waar werknemers nie wonder of hul ras teen hulle tel nie, maar weet dat hul vermoë die verskil maak.
Dít is die toekoms van werk waarvoor Solidariteit veg.
Die werklikheid is egter dat baie Suid-Afrikaners steeds ervaar dat rasvereistes hul loopbaangeleenthede beperk. Terselfdertyd word werkgewers dikwels verhinder om die kandidaat aan te stel wat volgens hulle die grootste waarde tot hul onderneming sal toevoeg.
Wanneer meriete nie eerste gestel word nie, verloor almal. Talent gaan verlore, ondernemings kry nie waardevolle werknemers nie en die ekonomie groei stadiger.
Solidariteit-aanlyn: Waar meriete eerste kom
Solidariteit glo dat mense volgens hul vermoë beoordeel moet word. Daarom bied Solidariteit-aanlyn ʼn werkfasiliteringsplatform waar werksoekers en werkgewers mekaar op grond van meriete kan vind.
Deur ʼn gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te skep, kry jy toegang tot:
- • werkgeleenthede regoor Suid-Afrika;
- • opleidingsgeleenthede wat jou help om meer mededingend in die arbeidsmark te wees;
- • ʼn sosiale ruimte waar jy met ander mense in jou beroep kan netwerk; en
- • ʼn werkgemeenskap wat glo dat meriete, harde werk en vaardighede die maatstaf vir sukses is.
Of jy nou op soek is na jou volgende werkgeleentheid of die regte kandidaat vir jou onderneming wil vind, Solidariteit-aanlyn help werkgewers om die beste kandidaat aan te stel en bied werksoekers die vryheid om op meriete beoordeel te word.
Bou saam aan ʼn rasvrye Suid-Afrika
ʼn Rasvrye Suid-Afrika beteken dat geleenthede vir almal beskikbaar is. Dit beteken dat mense die vryheid het om hul toekoms deur hul kennis, vaardighede, toewyding en harde werk te bepaal.
Dít is die Suid-Afrika waarvoor Solidariteit veg.
Jou toekoms behoort nie deur jou ras bepaal te word nie! Klik hier om vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te registreer en word deel van ʼn werkgemeenskap waar meriete eerste kom.