loading
Artikels
9 uur gelede
wat-het-van-die-groot-raswette-ooreenkoms-geword

Foto Krediet: KATRIN BOLOVTSOVA

Wat het van die groot raswette-ooreenkoms geword?

Onthou jy 2023 se groot stryd oor raswette en veral die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming? ’n Skikkingsooreenkoms tussen Solidariteit en die regering is Onder toesig van die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) is bereik wat ook as konsepregulasies in die Staatskoerant gepubliseer is.

Dit het grootliks die angel uit die wysigingswet geneem.

Die publiek het ná publikasie in Die Staatskoerant ʼn tydperk van 90 dae gehad om kommentaar daarop te lewer en die tydperk vir kommentaar het sedertdien verstryk.

Maar waar los dit nou hierdie saak? Ongelukkig sloer dit nog.

Die wet moet nog net deur die president in werking gestel word (met inagneming van die voorwaardes van die skikking wat in die gepubliseerde regulasies weerspieël word). Solidariteit wag vir uitsluitsel rondom die regulasies.  

Die skikking het gevolg ná ‘n klag wat Solidariteit by die Verenigde Nasies se IAO ingedien het.

Die skikking en regulasies bepaal onder meer die volgende:

  • • Niemand mag op grond van ras of weens rassebeleide afgedank word nie.
  • • Ondernemings se rasplanne moet buigsaam wees met geen absolute plafonne ten opsigte van bevordering nie.
  • • Rassebeleide moet tydelik wees en moet op regstelling fokus.
  • • Ras mag nie die enigste faktor wees wanneer rasplanne opgestel word nie.
  • • Die poel van beskikbare vaardighede in ʼn spesifieke beroep moet in ag geneem word.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sal die regulasies, indien dit finaal gepubliseer word, maatskappye se rassebeleide ingrypend verander.

2025: Die regering se oplossing

Op 15 April 2025 publiseer die regering uiteindelik die finale regulasies. Wat is hulle oplossing?

Verskeie regulasies, soos in die skikking ooreengekom, is eenvoudig net verwyder. Dit dui op ’n blatante minagting van die ooreenkoms en Solidariteit gaan dit nie duld nie. “Die regering het dus doelbewus besluit om dele uit te laat. Ons is diep teleurgesteld dat die regering nie hou by ooreenkomste wat bereik word nie. President Ramaphosa sê gereeld dat Suid-Afrikaanse probleme in Suid-Afrika opgelos moet word, maar dit is onmoontlik as die regering nie ’n betroubare vennoot is nie. Hierdie verbreking van die ooreenkoms volg nadat die regering ’n ooreenkoms met Solidariteit, by Nedlac, oor die Bela-wet, ook verbreek het.

“Dit is kommerwekkend dat die dele wat uitgelaat is, onder andere bepaal dat niemand op grond van rassewette afgedank mag word nie, dat rassewette tydelik moet wees, en dat vaardighede en die inherente vereistes van die pos in ag geneem moet word. Die regering wil duidelik die rassebedeling in Suid-Afrika verskerp,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Rassediskriminasie is weer wet – dis jou beurt om terug te baklei!

Jou lidmaatskap maak hierdie stryd moontlik. Elke lid versterk ons hand in die hof, in die openbare arena en op die internasionale verhoog.

Sluit vandag aan en wees deel van die weerstand. Klik hier!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel