
Foto Krediet: Pexels
Gekopieër
Wat jy moet weet oor Coida-eise in SA
As jy by die werk beseer is of siek geword het weens jou werk, wonder jy dalk wat om volgende te doen. Die goeie nuus is dat COIDA-eise ontwerp is om werkers soos jy te beskerm. Of jy nou ʼn lid van Solidariteit is of nie, hierdie artikel sal jou help om jou regte te verstaan en te weet wat die stappe is wat jy moet neem as jy aan ʼn beroepsbesering ly. As jy ʼn Solidariteit-lid is, sal jy die voordeel hê om deur Solidariteit bygestaan te word tydens die eisproses.
COIDA (die Wet op die Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes) is ʼn Suid-Afrikaanse wet wat verseker dat werkers gedek word as hulle beseer word, gestremd word, of selfs sterf weens ʼn werkverwante ongeluk of siekte. Maar om jou regte te ken en te weet hoe om te eis, kan moeilik wees – dit is waar ons inkom.
Hoe beskerm Coida jou?
Die Vergoedingsfonds bied finansiële verligting en ondersteuning indien jou besering of siekte veroorsaak word deur ʼn ongeluk wat ontstaan uit en gedurende die uitvoer van jou dienste. Coida-eise kan die volgende dek:
- • Mediese uitgawes
- • Tydelike of permanente ongeskiktheidsvergoeding
- • Rehabilitasiedienste
- • Sterftevoordele vir afhanklikes
Dit beteken jou werkgewer moet enige besering of werkverwante siekte aanmeld, en jy is geregtig om bystand te ontvang.
Wie kwalifiseer vir Coida-eise?
Enigiemand wat formeel in diens staan, hetsy permanent of tydelik, kwalifiseer vir Coida — behalwe lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat ʼn aparte vergoedingstelsel het.
Jy hoef nie lid van ʼn vakbond te wees om vir ʼn eis te kwalifiseer nie, maar deur Solidariteit aan jou kant te hê verseker jy dat jy nie hierdie pad alleen loop nie.
Indien jy onseker is oor hoe om jou arbeidsverwante sake te volg of waar om met jou eis te begin kan jy ons Dienssentrum vir meer inligting skakel.
Stappe wat jy moet neem na ʼn beroepsbesering
Hier is wat jy kan doen as jy ʼn besering by die werk opgedoen het of as jy ʼn beroepsiekte opgedoen het:
- 1. Rapporteer die siekte/besering onmiddellik aan jou werkgewer.
- 2. Kry mediese aandag – jou werkgewer moet hierdie dek. Kry ʼn mediese verslag van die dokter wat jou behandel. Dit moet by jou werkgewer en die vergoedingsfonds ingedien word.
- 3. Jou werkgewer moet ʼn WCL 2-vorm voltooi en dit by die vergoedingskommisaris indien.
- 4. Hou alle strokies en mediese rekords – dit is noodsaaklik. Maak seker dat die gesondheidspraktisyn die mediese verslag ten volle voltooi.
- 5. Bly ingelig en vra vrae.
Benodig jy hulp? Kontak ons by diens@solidariteit.co.za of 086 125 2423.
Die krag van ʼn vakbond se ondersteuning met Coida-eise
By Solidariteit bied ons soveel meer as net leiding aan ons lede. Ons hanteer ongeveer 800 Coida-eise per jaar namens ons lede. In 2024 alleen het ons meer as R153 miljoen se vergoeding vir ons lede ingewin – insluitend pensioenvoordele.
Pensioenfondse geld wanneer ʼn lid 31% of meer ongeskiktheidsvergoeding ontvang.
Voorkoming is beter as ʼn besering
Ons werk is nie net raktief nie – ons is ook toegewyd aan voorkoming. Solidariteit speel ʼn aktiewe rol op verskeie Beroepsgesondheid- en veiligheid adviesrade. Ons help met en hersien nasionale veiligheidsriglyne, standaarde en risiko-assesserings.
Ons fasiliteer ook opleiding in gesondheid en veiligheid, wat ʼn sterk gesondheid- en veiligheidstruktuur binne ʼn organisasie vestig.
Waarom Solidariteit-lede meer ondersteuning ontvang
As jy ʼn kwalifiserende Solidariteit-lid is, het jy:
- • direkte toegang tot kundige regsadvies en arbeidsbystand;
- • hulp met die indiening van dokumentasie en opvolg werk; en
- • gemoedsrus om te weet iemand stap die pad saam met jou.
Nog nie ʼn lid nie? Besoek ons voordeleblad om te sien wat vir jou wag. Moenie wag totdat jy ʼn besering opdoen of aan ʼn beroepsiekte ly nie.
Gevolgtrekking: Moenie dat die rompslomp jou terughou nie
Beroepsbeserings en -siektes kan jou lewe in die wiele ry, maar jy hoef dit nie alleen te trotseer nie. Baie beserings wat jy in diens opdoen is baie ernstig en kan jou toekoms beïnvloed op maniere wat jy nooit verwag het nie. Dit kan jou loopbaan vir die res van jou lewe beïnvloed. Coida-eise is jou reg en Solidariteit is hier om jou by te staan sodat daar aan jou eis aandag gegee word en dat jy, afhangend van die meriete van die eis, beskerm, verteenwoordig en billik vergoed word.
Indien jy of iemand wat jy ken advies nodig het het met ʼn Coida-eis, kontak ons by diens@solidariteit.co.za of 086 125 2423.
Sluit vandag nog aan by Solidariteit!