Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Webinaar: Vandag se bemarker na môre se leier
Die bemarkingswêreld hou ons beslis op ons tone! En dis goed so; dis daar waar jy werk uit die boonste rakke kan lewer. Verandering is die enigste konstante in die bemarkingsberoep. Insig, inspirasie en jóú invloed op ander, tel baie in die werkplek van vandag!
Met aansoeke vir Akademia se nuutste nagraadse bemarkingsdiploma wat binnekort oopmaak, bied Solidariteit ʼn insiggewende webinaarsessie aan wat jóú rol as bemarker in die kollig plaas!
Kom gesels saam met dr. Rina Steynberg en Salomien Boshoff op 24 Februarie 2026 om 13:00 oor:
- die veranderende rol van die bemarker in ʼn komplekse werksomgewing
- die denke en ingesteldheid wat leiers onderskei van blote volgelinge
- hoe om jou eie oordeel, invloed en strategiese insig te benut
- praktiese perspektiewe op loopbaanontwikkeling.