
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Wenke vir werksoekers om in ʼn onderhoud uit te staan
Om werk of nuwe werk te soek, is ʼn moeilike, selfs intimiderende proses. Maar as jy slim en strategies te werk gaan, kan jy makliker bo ander kandidate uitstaan en jou kanse verhoog om die aanstelling te kry.
Hier is ʼn paar praktiese wenke om jou soektog na werk makliker te maak.
1. Jy moet weet hoekom jy die pos wil hê
Werkgewers vra dikwels: “Hoekom moet ons jou aanstel?” Hierdie vraag is jou kans om jouself te bewys. Jou antwoord moet wys hoe jou vaardighede en ervaring direk aansluit by dit wat die werkgewer benodig. Noem spesifieke voorbeelde van hoe jy in die verlede uitdagings oorkom het of sukses behaal het.
Wenk: Hou jou antwoord gefokus, entoesiasties en eerlik. Werkgewers is op soek na iemand wat passievol is oor die pos én die maatskappy se visie.
2. Pas jou CV aan
Elke pos is uniek, en jou CV moet ook uniek wees. Pas jou CV aan volgens die vereistes van die spesifieke pos waarvoor jy aansoek doen.
- CV: Beklemtoon sleutelvaardighede en ervaring wat by die werk pas. Gebruik aktiewe woorde soos behaal, lei, verbeter.
Jy kan met jou Solidariteit-profiel aansoek doen vir werk, of jy kan jou CV op Solidariteit aflaai. Klik hier om meer te lees hoe jy kan voorberei vir ‘n onderhoud.
3. Netwerk, netwerk, netwerk …
Baie poste word gevul deur interne verwysings selfs nog voordat die poste geadverteer word. Bou verhoudinge met mense in jou bedryf deur platforms soos Solidariteit. Solidariteit gee jou ook toegang tot ʼn netwerk van werkgewers wat oor verskillende sektore strek.
4. Bereidwilligheid om te leer
Wys werkgewers dat jy bereid is om te leer en in ʼn pos te groei. Sertifikate van verdere opleiding wat voltooi is, of die voltooiing van kortkursusse kan jou kanse op ʼn aanstelling drasties verbeter. Solidariteit bied nagenoeg 150 opleidingskursusse aan wat jou vaardighede kan uitbrei en jou aansoek meer aantreklik vir werkgewers maak. Klik hier om meer te lees.
5. Maak gebruik van Solidariteit se werkplatform
Solidariteit se werkplatform is nie net ʼn plek om na poste te soek nie, maar dit is ook ʼn platform waar jy jou professionele profiel kan opbou. Dit verbind jou met ʼn wye netwerk van werkgewers in verskillende bedrywe. Registreer jou gratis profiel hier.
6. Bereikbaarheid en positiewe houding
Werkgewers waardeer kandidate wat maklik bereikbaar en professioneel is. Maak seker jou kontakbesonderhede op jou CV is op datum en wees beskikbaar vir opvolgkommunikasie.
7. Oefen jou onderhoudvaardighede in
Voorbereiding is alles. Dink aan antwoorde op vrae soos:
- Wat is jou belangrikste sterkpunt?
- Waar sien jy jouself oor vyf jaar?
Wees selfversekerd, maar bly nederig. En onthou om self ook vrae in die onderhoud te vra – dit wys dat jy ernstig is oor die pos. Klik hier om jou alles-in-een-onderhoudgids af te laai.
Werksoek hoef nie oorweldigend te wees nie. Bou aan jou vaardighede, wees doelgerig en gebruik Solidariteit om jou loopbaan ‘n hupstoot te gee. Jou droomwerk is binne bereik!
Sluit aan by Solidariteit en begin jou reis na sukses.