
Foto Krediet: Pexels
Gekopieër
Werkgewer, hier is hoe om die werkgewerspaneelbord op Solidariteit Werk te gebruik
Dit was nog nooit so maklik vir werkgewers om Solidariteit se werkfasiliteringsplatform te gebruik nie.
Die veranderinge wat aangebring is
As jy tans op Solidariteit se platform is en op Werk aan die linkerkant van jou skerm klik, sal jy oplet dat daar nou ʼn “tab” vir werknemers én werkgewers is. Onder die Werkgewers-“tab” sal jy drie opsies sien:
- • Skep ʼn pos
- • Werkgewerpaneel
- • Skep ʼn werkgewer-profiel
Kyk gerus na hierdie video vir ʼn visuele verduideliking van hoe die nuwe paneelbord werk!
Die funksies van elkeen van hierdie opsies
1. Skep ʼn pos
Deur hier te klik, kan jy maklik al die besonderhede rakende die poste wat jy wil adverteer, invul en só verseker dat jy die regte kandidate lok.
2. Werkgewerpaneel
Die werkgewerpaneel laat jou toe om inligting van ander werkgewers op die platform te besigtig. Jy kan die naam, taknaam, werksomgewing of bedryf, aantal personeel, adres, kontakbesonderhede, webtuiste en beskrywings van ander werkgewers sien. Jy kan ook die soekbalk gebruik om ander werkgewers op te spoor.
3. Skep ʼn werkgewer-profiel
Hier kan jy ʼn werkgewer-profiel apart van jou persoonlike profiel skep. Jy kan dus jou maatskappy, of die maatskappy waarvoor jy werf, se profiel hier skep. As jy ʼn werkgewer-profiel het, kan werksoekers en ander werkgewers jou werkgewer-profiel gaan besigtig en sien watter poste by jou maatskappy beskikbaar is.
Solidariteit se werkplatform is nou meer gebruikersvriendelik as ooit tevore vir werkgewers. Gebruik hierdie nuttige, merietegebaseerde platform om die regte talent vir jóú besigheid te vind.