Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Werkloos? Solidariteit is jou aksieplan!
Deur Maryna Eksteen
Werkloosheid is ʼn werklikheid wat talle Suid-Afrikaners in die gesig staar. Tans is 31,9% van die bevolking werkloos. Dit is kommerwekkend om die minste te sê.
Dit is dus belangrik om te weet dat Solidariteit dit nie ligtelik bedoel as ons sê dat ons jou kan help nie! Solidariteit se hart is en was nog altyd werk. Kan ons vir jou ʼn werk waarborg? Nee, maar ons kan jou toerus met waardevolle vaardighede deur voortgesette leer, en ons bied verskeie hulpbronne om jou te help om weer op die pad na indiensneming te kom.
Hier is ʼn praktiese aksieplan vir werksoekers, met spesifieke verwysing na Solidariteit se werksoek-aanbod.
1. Solidariteit se aanlyn werkgemeenskap
Solidariteit bied ʼn aanlyn werkgemeenskap wat baie soos ʼn boeremark vir werksgeleenthede funksioneer. Hierdie platform verbind werkgewers en werksoekers deur tegnologie.
Deur ʼn profiel te skep, kan jy jou CV oplaai en binne minute vir beskikbare poste aansoek doen. Die diens is gratis en gebruikersvriendelik.
2. Skep ʼn professionele profiel
ʼn Goed opgestelde profiel en CV dien as jou eerste indruk vir potensiële werkgewers.
Gebruik Solidariteit se platform om jou inligting noukeurig in te vul en jou CV op te laai. Dit verhoog jou sigbaarheid en kanse op sukses.
3. Trek voordeel uit voortgesette leer
Om jouself in vandag se arbeidsmark te onderskei, is dit noodsaaklik om voortdurend nuwe vaardighede aan te leer. Solidariteit bied gratis toegang tot nagenoeg 150 aanlyn kursusse aan sy lede, wat ontwerp is om jou te help om jou vaardighede te verbeter en relevant te bly in ʼn mededingende arbeidsmark.
4. Neem deel aan beroepsnetwerke
Deelname aan Solidariteit se beroepsnetwerke bied die geleentheid om met ander kundiges in jou veld skouers te skuur. Dit kan tot nuwe geleenthede en waardevolle kontakte lei wat jou loopbaan kan bevorder.
5. Berei jou voor vir die aansoekproses
Solidariteit bied hulpbronne soos die CV-gids en onderhoudgids om jou voor te berei vir die werkaansoekproses. Hierdie hulpmiddels kan jou selfvertroue opbou en jou kanse op sukses verbeter.
6. Wees proaktief en hou moed
Die werksoekproses kan uitdagend wees, maar deur proaktief te wees en te volhard, verhoog jy jou kanse op sukses aansienlik. Gebruik die hulpbronne tot jou beskikking en bly gemotiveerd.
Wat laat mense uitstaan in die werkplek?
Vanuit ʼn menslikehulpbronperspektief is daar verskeie eienskappe en gedrag wat werknemers laat uitstaan:
- • Aanpasbaarheid: Die vermoë om by veranderende omstandighede aan te pas en nuwe uitdagings aan te pak.
- • Kommunikasievaardighede: Duidelike en doeltreffende kommunikasie bevorder samewerking en begrip.
- • Spanwerk: Die bereidwilligheid om met ander saam te werk en tot ʼn span se sukses by te dra.
- • Probleemoplossingsvaardighede: Die vermoë om kreatiewe en doeltreffende oplossings vir probleme te vind.
- • Betroubaarheid: Om konstant hoëgehalte-werk te lewer en stiptelik te wees.
Deur op hierdie gebiede te fokus, kan jy nie net ʼn werk bekom nie, maar ook uitblink in jou loopbaan.
Werkloosheid is ʼn moeilike pad om te stap, maar met die regte hulpmiddels en strategieë kan jy jou kanse op sukses beduidend verbeter. Gebruik Solidariteit se omvattende dienste om jou werksoektog te ondersteun en om jouself onmisbaar in die werkplek te maak.
Bly positief, wees proaktief, en onthou dat jy nie alleen op hierdie reis is nie. Skep jou gratis profiel op Solidariteit en doen vandag nog aansoek vir jou droomwerk!