loading
Blogs
9 maande gelede
wie-is-ek

Foto Krediet: OkayDeer

Wie is ek?

Deur Myrtle Endley

Dit is verstommend hoe die eenvoudigste vrae dikwels die moeilikste is om te beantwoord. Ons elkeen het ons eie identiteit en uniekheid. Ons het verskillende eksterne faktore wat ons belangrik ag en ons het interne elemente waarop ons trots is en dan ook waarop ons minder trots is.

Wie is ek?

As ons nie self die vraag beantwoord nie gaan die wêreld dit vir ons doen. Alexander Hamilton een van die VSA se stigters het gesê: “As jy vir niks gaan staan nie, gaan jy vir alles val.” Daar is op nasionale vlak in Suid-Afrika ʼn bewustheid dat daar verskillende kultuurgemeenskappe in ons land bestaan en elkeen het hulle eie identiteit en uniekheid. Die verlede word gekenmerk deur ʼn skeiding wat slegs deur twee velkleure bepaal is: swart en wit. ʼn Land met elf amptelike tale en dus soveel kulture moes hulself opdeel in twee uiterstes.

Dit is tyd dat ons self die vraag beantwoord en nie luister na ʼn luidspreker wat dit vir ons doen nie. Elke kultuur is uniek met hulle interne elemente waarop hulle trots is en elemente waaroor hulle eerder nie wil praat nie. Ons het die geleentheid om te kan bou, hier en nou. Ons kan ’n plek skep waar ons kan veilig voel en behoort.

Dit is nóú die tyd dat ons trots antwoord op die vraag: “Wie is jy?” Saam kan ons ʼn antwoord gee wat uniek is aan wie ons is. My koshuis, Huis Dahlia, het ʼn gesegde wat ons gereeld gebruik: “Ons is hier; saam met jou; vir jou.” Ons moet ʼn ruimte skep waar ons kan behoort en dit moet ʼn unieke ruimte wees wat eie aan ons kultuur is. Niemand anders kan hierdie ruimte vir ons bou nie, so tel daardie hamer op en begin bou, want #JyHoortHier!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel