Ek wil graag ʼn meningstuk vir #JongStemme skryf. Wat behels dit?

Ek wil graag ʼn meningstuk vir #JongStemme skryf. Wat behels dit?

#JongStemme is ʼn inisiatief wat deur Solidariteit en Maroela Media vir studente tussen die ouderdom van 18 en 26 aangebied word. Dit het ten doel om jong Afrikaanse meningsvormers se stemme die wêreld in te stuur en aan hulle ʼn platform te gee om standpunt in te neem.
Publikasie:
Jou meningstuk kan op enige tydstip ingedien word en sal, indien dit aan die keuringskriteria voldoen, gedurende die daaropvolgende week op Maroela Media verskyn.
Solidariteit deel in ʼn later stadium ʼn aanhaling uit jou meningstuk op Instagram en ander sosialemediaplatforms. Stuur gerus jou meningstuk, jou foto en ʼn biografie van twee sinne na [student@solidariteit.co.za].
Jy mag oor enige tema skryf – die hele punt van #JongStemme is dat ons jou eerlike opinie oor belangrike kwessies wil hoor. Jy kan mik na 600 tot 800 woorde, maar oorskryding is binne perke toelaatbaar. Let op dat enige vorm van diskriminasie, en/of die gebruik van haatspraak, laster of vuiltaal tot outomatiese diskwalifikasie van jou meningstuk sal lei.