Hierdie produk is slegs vir lede.
Gekopieër
Kennis en klets: ChatGPT en AI
Kunsmatige intelligensie (KI), soos onder meer ChatGPT en AI, blyk die nuwe gonswoord te wees, en alhoewel kenners sê dit hou meer voordele as nadele in, is daar steeds ʼn groep van ons wat wonder of ons bang of bly hieroor moet wees. Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk se aanlyn middagete-sessie bespreek hierdie omstrede onderwerp tydens die gewilde Kennis en Klets-sessie wat binne die groter “Wees die beste jy”-reeks in 2024 aangebied word. Johan Koekemoer, hoof van onderrig en leer by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, gesels met kantoorpaktisyns en deel sy kennis oor KI (Chat GPT en AI) en die impak daarvan, spesifiek op die kantoorpraktisyn en werkplek, met ons deel. Die volgende onderwerpe sal tydens dié sessie bespreek word: • Wat is KI (Chat GPT en AI) en wat beteken dit vir my werk? • Moet ek bedreig voel dat KI (Chat GPT en AI) dalk my werk gaan oorneem? • Hoe kan ek KI (Chat GPT en AI) inspan om slimmer te werk? “Kunsmatige intelligensie gaan nie mense vervang nie. Mense wat kunsmatige intelligensie gebruik, gaan die vervang wat nie doen nie.” – Johan Koekemoer.
KURSUSFORMAAT:
Webinaar
TER WAARDE VAN:
Waarde: R500 | Solidariteit-lede: Gratis
DUUR VAN KURSUS:
1 uur
Om toegang te kry tot hierdie produk moet jy ‘n lid wees en ‘n aktiewe profiel hê.