Hierdie produk is slegs vir lede.

kommunikasie-binne-die-werkplek

Kommunikasie binne die werkplek

Veertig uur – dit is hoeveel tyd jy saam met kollegas op ʼn weeklikse basis deurbring. Hierdie tyd is dalk verpligtend, maar jy kan self besluit hoeveel plesier jy aan jou werkverhoudings koppel. Kommunikasie binne die werkplek het ʼn reuse-impak op jou ingesteldheid, welstand, kreatiwiteit en betrokkenheid in die werkplek en bepaal tot ʼn groot mate jou sukses. Hoe smee jy egter bande met diegene wat jou kan help om jou loopbaan te bou? Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk se aanlyn middagete-sessie beantwoord hierdie vraag tydens die tweede Kennis en Klets-sessie wat binne die groter “Wees die beste jy”-reeks aangebied word. Mia Visser, ʼn dinamiese entrepreneur, sake-eienaar en onderwyseres, gesels met ons en deel haar kennis oor kommunikasie en verhoudings.

Die volgende onderwerpe word tydens die sessie bespreek:
• Verbale en nieverbale kommunikasie.
• Hoe om doeltreffend deur middel van verbale en nieverbale kommunikasie te kommunikeer.
• Hoe doeltreffende kommunikasie jou verhoudings binne die werkplek kan verbeter.


KURSUSFORMAAT:

Webinaar

TER WAARDE VAN:

Koste: R500 | Solidariteit-lede: Gratis

DUUR VAN KURSUS:

1 uur


Om toegang te kry tot hierdie produk moet jy ‘n lid wees en ‘n aktiewe profiel hê.

Soortgelyke kursusse

learning course avatar

Bestuur sosiale media

Koste: R500 | Solidariteit-lede: Gratis


learning course avatar

Algemene vergaderings

Koste: R750 | Solidariteit-lede: Gratis


learning course avatar

Microsoft Excel: Basies tot gevorderd

Koste: R500 | Solidariteit-lede: Gratis