Hierdie produk is slegs vir lede.

kuberkraking-in-suid-afrika

Kuberkraking in Suid-Afrika

Die IT-netwerk, in samewerking met prof. Danny Myburgh, ʼn uitsonderlike leier en die besturende direkteur van Cyanre, bied hierdie webinaar aan. Prof. Danny se loopbaan sluit in samewerking met die FBI en Interpol, en hy het ʼn sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van die SAPD se kubermisdaad-eenheid.

Tydens hierdie webinaar gaan prof. Danny die voorkoms van kuberkraking in Suid-Afrika bespreek, insluitend die omvang en werklikheid van dié situasie. Hy gaan praat oor hoe om jou databasis te versterk en te beskerm, en gaan jou maklike maniere wys om lokvalle te vermy.

Hierdie kursus is ʼn geleentheid om dieper in die wêreld van kuberveiligheid te delf en ʼn groter bewustheid van die risiko’s te bewerkstellig.


KURSUSFORMAAT:

Webinaar

TER WAARDE VAN:

Koste: R500 | Solidariteit-lede: Gratis

DUUR VAN KURSUS:

2 ure

PLEK WAAR DIE KURSUS AANGEBIED WORD:

Aanlyn


Om toegang te kry tot hierdie produk moet jy ‘n lid wees en ‘n aktiewe profiel hê.

Soortgelyke kursusse

learning course avatar

E-posetiket

Koste: R500 | Solidariteit-lede: Gratis


learning course avatar

Grense in die werkplek

Koste: R500 | Solidariteit-lede: Gratis


learning course avatar

Bestuur sosiale media

Koste: R500 | Solidariteit-lede: Gratis