
Gekopieër
Regsnetwerk Slypskool
Dié Afrikaanse aanlyn kursus is enig in sy soort en uiters leersaam. Kundiges in die regsberoep het die inhoud noukeurig vanuit hulle ervaring en kennis geïdentifiseer en uitgesoek. Hulle het dit aan ons voorsien met die doel om die volgende generasie te help en die gaping tussen akademie en die praktyk te vernou. Hierdie aanlyn kursus is daarop gefokus om regstudente en kandidaatprokureurs te bemagtig en meer praktykgereed te maak. Die beginsels en tegnieke wat in dié kursus vervat is, neem kandidate uit die handboek of klaskamer na die praktyk.
Jy kan uitsien na wenke ten opsigte van jou voorbereiding, administratiewe sake, voorbereiding vir die hof, asook wenke in verband met die baie skryfwerk wat vir jou wag.
Belangstellendes kan ook op die uitkyk wees vir kommunikasie oor verrykende sessies wat aanvullend tot dié kursus sal wees.
Belangstellendes kan ook op die uitkyk wees vir kommunikasie oor verrykende sessies wat aanvullend tot dié kursus sal wees.
KURSUSFORMAAT:
E-leerkursus
TER WAARDE VAN:
R10 000
DUUR VAN KURSUS:
E-leer: 1 maand; Verrykende week: 1 week
PLEK WAAR DIE KURSUS AANGEBIED WORD:
Aanlyn asook die opsie om 'n praktiese verrykende week by te woon.
Koste : R10 000
Solidariteit-lede : Gratis
Wil jy ʼn kursus voltooi?
Om toegang tot hierdie produk te kry, moet jy ʼn gratis Solidariteit-profiel hê.