skryf-en-haal-die-media
Skryf en haal die Media

Wat as jy meer blootstelling vir jou besigheid, organisasie, projek of kliënte kon kry – sonder om duisende rande aan advertensies te spandeer?


Vir baie entrepreneurs en kommunikasiepraktisyns is mediadekking een van die kragtigste maniere om geloofwaardigheid te bou, nuwe kliënte te bereik en jou besigheid se naam onder die regte mense se aandag te bring. Tog mis baie mense geleenthede bloot omdat hulle nie weet hoe om ’n storie aan die media voor te lê nie.


Skryfnet se aanlyn werkswinkel, Skryf en haal die media, wys jou presies hoe.


Tydens hierdie praktiese oggendsessie gaan jy leer:

• Hoe om ’n professionele mediaverklaring te skryf wat joernaliste se aandag trek.

• Hoe om jou verklaring aan verskillende mediaplatforms voor te lê.

• Hoe om meer publisiteit vir jou besigheid, organisasie of projek te kry.

• Hoe om sterk verhoudinge met die media te bou.

• Hoe om selfversekerd en professioneel met joernaliste te kommunikeer.

• Hoe om jou kanse op publikasie en mediadekking te verhoog.


Hierdie kursus is ideaal vir:

• Entrepreneurs

• Kommunikasiepraktisyns

• Bemarkers

• Organisasiebestuurders

• Enigiemand wat meer publisiteit vir hul projek, handelsmerk of kliënte wil bekom


Die werkswinkel word aangebied deur Peter Pentz, bemarkings- en kommunikasiespesialis by Groote Post-wynlandgoed. Ná die voltooiing van sy kommunikasiegraad aan die NWU se Potchefstroomkampus het hy uitgebreide ervaring in die kommunikasie- en wynbedryf opgedoen en is hy vandag verantwoordelik vir Groote Post se bemarking en handelsmerkkommunikasie.


Hy is ook die aanbieder van die VIA-reeks Erfenis in die Grond, verskyn gereeld op televisie en radio as wynkenner en bedryfskommentator, en is in 2022 aangewys as deel van Wineland Media se Top 30 onder 30. Sy passie vir storievertelling en handelsmerkkommunikasie maak hierdie werkswinkel ’n waardevolle leerervaring vir enigeen wat hul boodskap verder wil neem.Skryf en haal die media fokus op die basiese beginsels van ʼn goeie persverklaring, hoe om jou boodskap duidelik en relevant oor te dra, en hoe om te verseker dat dit mediabelangstelling wek. Verder ondersoek dit strategiese wenke om media-dekking te kry, hoe om effektief met die media te kommunikeer, en hoe om die hele proses van mediaverhoudings te bestuur om optimale uitkomste te verseker.


Om hierdie kursus by te woon stuur asseblief 'n e-pos aan: kreatief@solidariteit.co.za.


Inskrywings sluit 19 Augustus 2026


KURSUSFORMAAT:

Webinaar

TER WAARDE VAN:

R750

DUUR VAN KURSUS:

4 ure

PLEK WAAR DIE KURSUS AANGEBIED WORD:

Aanlyn Werkswinkel via Teams


Koste : R750
Solidariteit-lede : 20% afslag

Wil jy ʼn kursus voltooi?

Om toegang tot hierdie produk te kry, moet jy ʼn gratis Solidariteit-profiel hê.