skryf-soos-n-joernalis
Skryf soos 'n joernalis

Wou jy nog altyd ʼn verskil in jou plaaslike gemeenskap maak?

Wil jy stories vertel wat vir jou dorp, skool of gemeente belangrik is?

Wil jy graag skryf oor die gebeure, sake en interessante mense in jou gemeenskap?

Kom leer dan hóé met Skryfnet se gewilde Skryf soos ʼn joernalis-kursus.

Hulle maak jou touwys om vir jou gemeenskapskoerant, skoolkoerant, gemeente se nuusbrief of jou plaaslike radiostasie te skryf oor die dinge wat vir jou gemeenskap saak maak.


Die kursus fokus op die basiese kennis en vaardighede van joernalistieke skryfwerk, soos:

  1. Waar kry ek ʼn goeie storie?
  2. Hoe gebruik ek bronne?
  3. Hoe voer ek ʼn onderhoud?
  4. Watter inligting moet in my storie wees?
  5. Wat is die struktuur van ʼn goeie nuusstorie?
  6. Hoe kan ek ʼn storie met foto’s vertel?
  7. Hoe kan ek ʼn storie met klank vertel?
  8. Hoe kan ek op ʼn etiese wyse vir die media skryf?


Die kursus is ontwikkel deur Maroela Media se joernaliste in samewerking met joernalistiekdosente by Akademia en word aangebied deur Elaine Krige, ʼn dosent by Akademia wat voorheen ’n redakteur was by Maroela Media en meer as 16 jaar se ondervinding in die mediabedryf het.


Dié toeganklike tien week lange kursus is gemik op beginners wat belangstel in joernalistiek én diegene wat reeds by gemeenskapsmedia, gemeentenuusbriewe, skoolkoerante of plaaslike radiostasies betrokke is.


Skryf nou in – en maak seker dat jou stem en boodskap mense bereik.


Skryf soos ʼn joernalis begin op 14 September 2026 met ʼn aanlyn verwelkomingsessie af en eindig op 23 November 2026.


Om hierdie kursus by te woon stuur asseblief 'n e-pos aan: kreatief@solidariteit.co.za.


Inskrywings sluit 11 September 2026


KURSUSFORMAAT:

E-leerkursus

TER WAARDE VAN:

R4300

DUUR VAN KURSUS:

10 weke


Koste : R4300
Solidariteit-lede : 20% afslag

Wil jy ʼn kursus voltooi?

Om toegang tot hierdie produk te kry, moet jy ʼn gratis Solidariteit-profiel hê.