loading
Artikels
2 jaar gelede
hoekom-jy-by-die-ambagnetwerk-moet-aansluit

Foto Krediet: OkayDeer

#RaakTuis by Solidariteit se Ambagnetwerk

Die Ambagnetwerk is jou loopbaanvennoot op jou pad na uitnemendheid.

Die ambagte is edel beroepe en speel ʼn deurslaggewende rol in ons land se vooruitgang. Die ambagbedryf verkeer egter onder druk. Daarom tree die Ambagnetwerk nie net op as ʼn waghond vir die ambagte nie, maar beywer hy hom ook daarvoor om die gehalte van ambagslui en die bedryf in die geheel te bevorder.

Waarom moet jy by die netwerk aansluit?

Drie redes waarom jy by Solidariteit se Ambagnetwerk moet aansluit, is:

  • Jy bou bande:
    • Woon netwerkgeleenthede by waar ons jou geleentheid gee om skouers te skuur met ander kundiges in jou beroep. Lees hier hoe ambagslui in 2022 tydens die #JouYster-toekennings kon netwerk.
    • Kry toegang tot ʼn netwerk van kundiges in jou beroep.
  • Jy word beskerm:
    • Die Ambagnetwerk tree as waghond op om diskriminasie en uitbuiting in die werkplek te beveg.
    • Kry regsadvies oor enige arbeidsregsaangeleenthede in jou werkplek.
    • Dit bied gratis werkfasilitering.
  • Jy bemagtig jouself:
    • Tree as ʼn mentor vir ʼn jong mens op of ontvang self mentorskapgeleenthede.
    • Kry toegang tot kortkursusse op die Solidariteit Leer-platform wat spesifiek vir jou ambag saamgestel is. Loer hier!
    • Die Ambagnetwerk fokus op die toekoms van jong mense in die ambagte, en die netwerk doen dit deur aan hulle inligting oor mentorskappe en beursgeleenthede te bied. Lees meer oor hoe die netwerk jong ambagslui bemagtig. Klik hier.

Die Ambagnetwerk hou ’n jaarlikse Yster-slyp-yster-geleentheid ter viering van Nasionale Ambagdag. Op die program vir die dag is kenners en uitstallers uit verskeie ambagrigtings – insluitend motorwerktuigkunde, elektries, meganies en soveel meer.  Ambag-boeresport is ook een van die prettige aktiwiteite wat op hierdie dag aangebied word. Klik hier om meer te lees oor 2023 se Amabagdag.

Hoe word ek deel van hierdie gemeenskap?

Netwerklede het die geleentheid om kollektief by die behoud, uitbouing en volhoubaarheid van hul bepaalde beroep betrokke te raak. Dit is jóú bydrae om jou beroepsgemeenskap sterker te maak!

Dit is ons geslag se verantwoordelikheid om die volgende geslag te help. Ons sê skaamteloos #ElkeenHelpEen. Voorheen was daar ʼn staat, staatsinstellings, talle staatsuniversiteite en -kolleges en groot ondernemings wat jongmense ʼn hupstoot gegee het. Nóú is dit die gemeenskap se verantwoordelikheid. As óns dit nie gaan doen nie, wie gaan?

Sluit vandag nog aan by jou Ambagnetwerk by www.solidariteit.co.za of klik hier

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel