
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Jongste telkaarte en regulasies oor ras (weer) onwettig, sê Solidariteit
Die berugte rassetelkaarte vir beroepsektore is weer terug. Wees egter gerus in die wete dat Solidariteit hierdie optrede nie gelate gaan aanvaar nie. Lees meer hieronder.
Die Departement van Indiensneming en Arbeid probeer vandeesweek, met die uitreik van regulasies oor gelyke indiensneming ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming, opnuut om jou onderneming met rassetelkaarte te wurg.
Kyk hier na sy gesprek met Pieter Jordaan oor wat jou, en Solidariteit, se volgende skuif moet wees.
Die hof het immers beveel dat hierdie regulasies spesifieke skikkingsvoorwaardes wat Solidariteit in 2023 met die regering bereik het, móét vervat.
Daardie Solidariteit-skikking sluit in hoe regstellende aksie in die werkplek eers aan verskeie voorwaardes moet voldoen. Die regulasies móét die volgende vervat:
• Niemand mag op grond van ras of weens rassebeleide afgedank word nie.
• Ondernemings se rasseplanne moet buigsaam wees met geen absolute plafonne ten opsigte van bevordering nie.
• Rassebeleide moet tydelik wees en moet op regstelling fokus.
• Ras mag nie die enigste faktor wees wanneer rasseplanne opgestel word nie.
• Die poel van beskikbare vaardighede in ʼn spesifieke beroep moet in ag geneem word.
En tog is hierdie drakoniese, harde regulasies oor ras in die werkplek op 15 April 2025 in die Staatskoerant gepubliseer. Dit tree boonop reeds op 1 September in werking.
As jý dus 50 of meer werknemers in jou onderneming het, moet jy jou regstellende-aksieplan, wat aan hierdie regulasies móét voldoen, in plek hê.
Moet egter nie toelaat dat die regering jou met hierdie opportunisme om die bos lei nie, sê Anton van der Bijl, adjunkbestuurshoof van Solidariteit.