Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
10 redes waarom jy Akademia se opedag moet bywoon
Akademia, die privaat hoëronderwysinstelling, hou op 10 en 11 Mei ʼn kampusopedag vir alle voornemende studente.
Kom vind uit wat studentwees alles op die Centurion-kampus behels. Studente studeer voltyds ʼn gehaltekwalifikasie in hulle moedertaal, terwyl hulle aan ʼn besonderse en unieke studentelewe deelneem en aan lewenslange netwerke vir ʼn voorspoedige toekoms bou.
Hier is 10 redes waarom jy die dag moet bywoon:
- Jy kan al jou studiemoontlikhede oorweeg
- Jy gaan medestudente ontmoet
- Jy kan solank met dosente gesels
- Jy kan inligting by adviseurs kry
- Dit help jou om ingeligte besluite te neem
- Jy kan die nuwe koshuis@Leriba besigtig
- Jy sal ʼn gesonde studentelewe in Afrikaans ervaar
- Jy kan vir Fontie ontmoet
- Jy gaan meer oor die Kuns van Studentwees leer
- Jy kan die deur na jou toekoms ontsluit
Akademia se veilige kampus is goed ingerig om studente in verskeie lokale te akkommodeer en bied voldoende parkering, ʼn kafeteria asook genoegsame wegbreekruimtes. Die kampus is gerieflik naby ʼn inkopiesentrum in Centurion geleë en is stapafstand vanaf die Gautrein-stasie.
Kom ervaar studentwees by Akademia se kampusopedag in Centurion. Klik hier om jou plek te bespreek.
Solidariteit besef hoe noodsaaklik goeie opleiding in skaarsvaardighede is en dít is juis die knelpunt wat deur die Boufonds aangepak word. Danksy reeds bestaande Solidariteit-opleidingsinstansies soos Sol-Tech en Akademia word daar ʼn geleentheid aan jong mense gebied om die nodige kennis te bekom sodat hulle as ʼn minderheidsgroep in ʼn meerderheidsamelewing kan floreer.
Daar word ook fluks met die beplanning van ʼn nuwe Akademia-kampus gevorder en ‘n splinternuwe kampus in die Wes-Kaap. Sowat 200 ha grond is in Pretoria aangekoop en die eerste konsepuitleg is reeds deur die argitekte voltooi. Die Akademia-projek gaan uiteindelik sowat R1,5 miljard beloop.
Ons bou aan ʼn beter samelewing. Ons bou aan ʼn beter toekoms vir ons nageslag. Klik hier om by te dra vir ons Boufonds.