loading
Artikels
2 weke gelede
2025-is-n-groot-jaar-vir-die-solidariteit-regsnetwerk

Foto Krediet: OkayDeer

2025 is ʼn groot jaar vir die Solidariteit Regsnetwerk

Die Solidariteit Regsnetwerk is meer as net ʼn gemeenskap van regslui – dit is ʼn bevestiging van die beskerming en bevordering van die regsberoep. Hierdie beroepsnetwerk, wat kandidaatprokureurs, regsadviseurs, prokureurs, advokate en regters insluit, bied ʼn veilige hawe waar lede se belange voorop gestel word. Klik hier om meer te lees oor wat hierdie netwerk in 2024 vermag het.

In 2025 gaan hierdie beroepsnetwerk voortbou op sy sterk fondasies met ʼn opwindende program wat regsgeleerdes regoor Suid-Afrika sal inspireer en bemagtig.

Hoogtepunte om na uit te sien in 2025:

Akademia se LLB-simposium

    Hierdie netwerk sal weer trots deel wees van Akademia se LLB-simposium, ʼn geleentheid waar regsgeleerdes, dosente en studente byeen kom om die nuutste uitdagings en geleenthede in die regsveld te bespreek. Dit is ʼn platform om jong regstudente in hul loopbane te ondersteun en die beroep te versterk.

    Jaarlikse gholfdag

      Die Solidariteit Regsnetwerk, in samewerking met die Solidariteit Finansiesnetwerk, het in September 2024 hul eerste gholfdag aangebied, en dit was ʼn reusesukses. Hierdie inisiatief sal ʼn jaarlike instelling word.

      Veg vir taalregte

        Die stryd teen die Regspraktisynsraad (RPR), bekend as die LPC in Engels, se drakoniese taalbeleid sal onverpoosd voortgaan. Die Solidariteit Regsnetwerk bly toegewyd daaraan om Afrikaans as ʼn beroepstaal te beskerm en te verseker dat regsdienste toeganklik bly vir almal wat hul regte in hul moedertaal wil verstaan.

        Teenkanting teen diskriminerende sektorkodes

          Die Regsnetwerk gaan aanhou veg teen onregverdige sektorkodes wat die regsektor nadelig beïnvloed. Die doel is om ʼn regverdige omgewing te bevorder waar kundigheid en toewyding die primêre kriteria vir sukses is.

          Aanlyn webinare

            Die Regsnetwerk het vanjaar vir die eerste keer ʼn webinaar aangebied. In 2025 gaan hierdie reeks aanlyn webinare voort en dek uiteenlopende temas wat relevant is vir regsgeleerdes. Hierdie webinare bied lede die geleentheid om hul kennis te verdiep, op hoogte te bly van die jongste verwikkelinge en insig van kenners in die veld te kry.

            Streekgebaseerde netwerkgeleenthede

              Om die netwerk verder te versterk, word daar beoog om meer streekgebaseerde netwerkgeleenthede aan te bied. Hierdie inisiatief bied aan regslui die geleentheid om plaaslike uitdagings te bespreek, met kollegas te skakel en sterk professionele verhoudings te bou.

              Die Solidariteit Regsnetwerk bly toegewyd om ʼn sterk, verenigde regsberoep te bou wat in Afrikaans funksioneer en die belange van regsgeleerdes op die hart dra. Met ʼn vol program wat in 2025 voorlê, nooi ons alle regslui om deel te word van ʼn netwerk wat omgee, ondersteun en jou loopbaan help bou.

              Neem jou plek in ons gemeenskap in – sáám vorm ons die toekoms van die regsberoep!

              Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
              die Solidariteit-netwerkplatform.
              Skep vandag nog jou profiel