loading
avatar
Artikels
1 week gelede
2026

Foto Krediet: Solidariteit

2026

Januarie word tradisioneel gekenmerk aan nuwe moed, nuwe krag en heelwat nuwe doelwitte (waarvan sommige, of dalk meeste, stilletjies verdwyn).

Ons stel hierdie doelwitte altyd met die beste bedoelings. ʼn Nuwe jaar laat jou werklik voel asof ʼn “nuwe jy” moontlik is, maar teen middel Januarie, wanneer ons terug op kantoor is en die roetine inskop, tref die realiteit en baie drome word saggies geblus.

In Filippense kry ons egter ʼn pragtige en hoopvolle boodskap:

“Broers, ek reken nie dat ek dit self reeds my eie gemaak het nie, maar een ding doen ek: Ek vergeet die dinge wat agter is, en strek my uit na wat voorlê. Ek beur voort na die wenstreep, om in Christus Jesus die prys van God se roeping van omhoog te bekom.” (Filippense 3:13-14)

Miskien lyk jou doelwitte hierdie jaar kleiner of eenvoudiger as vorige jare, en dit is goed so. Getrouheid in die klein dinge is dikwels waar God die grootste werk doen. Wat ook al jou doelwitte vir 2026 is, maak seker Christus bly sentraal die anker van jou hart.

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” (Matteus 6:33)

Hou jou oë gevestig op die bron van alle dinge. In Hom is jou krag om die nuwe jaar aan te pak. In Hom is daar hoop wanneer dit lyk of alles uitmekaar val.

2025, dankie vir jou lesse – jy het ons werklik geslyp. 2026, hier kom ons!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel

loading

Soortgelyke artikels

similar article avatar

2026

Nuus
01 Januarie 2026