loading
avatar
Artikels
17 uur gelede
3-redes-waarom-talentvolle-werknemers-onderpresteer

Foto Krediet: OkayDeer

3 Redes waarom talentvolle werknemers onderpresteer

Deur Anja van den Berg

Ongeag hoe talentvol iemand mag wees, is daar geen waarborg dat sy of haar talente in topgehalte prestasie sal manifesteer nie. Volgens Gallup-navorsing is ʼn verstommende 70% van werknemers nie daartoe verbind om hulle beste dienste te lewer nie.

Die waarheid is dat die meeste mense nie eers die moeite doen om hulle beste te lewer ná ses maande in ʼn pos nie – ʼn tydraamwerk wat bekend staan as die wittebroodtydperk, sê Tomas Chamorro-Premuzic, ʼn professor in besigheidsielkunde en skrywer van Why Do So Many Incompetent Men Become Leaders? (And How to Fix It).

Alhoewel baie faktore ʼn rol in professionele onderprestasie speel, onderstreep Chamorro-Premuzic die drie algemeenste oorsake:

1. Maatskappye verstaan nie persoon-pos-pas nie

Talent is hoofsaaklik persoonlikheid in die regte plek, sê Chamorro-Premuzic, wat verklaar waarom die meeste mense beter sal doen in sekere poste, kulture en kontekste as in ander.

“Organisatoriese sielkundiges noem dit persoon-pos-pas, en dit word gemeet deur die graad van belyning te kwantifiseer tussen ʼn persoon se houdings, waardes, vermoëns en disposisie aan die een kant, en die eienskappe van die pos, rol en organisasie aan die ander kant.”

Die probleem is dat, selfs al is die organisasie  se evaluering van die kandidaat korrek, is hulle dikwels nie so goed daarmee om die rol, en veral hulle eie kultuur, te evalueer nie.

2. Onttrekking weens swak bestuur

Alhoewel ʼn algemene newe-effek van swak passing onttrekking is, is swak leierskap een van die algemeenste drywers van ontrekking. Wanfunksionering van bestuur, sê Chamorro-Premuzic, verklaar nie net waarom so baie mense by die werk onderpresteer nie, maar ook waarom werknemers wat uitblinkers is, geheel en al uit hulle werk  – en selfs tradisionele werk – bedank.

Leiers inspireer en mentor, verskaf objektiewe en konstruktiewe terugvoer op prestasie, en maak hulle span opgewonde. “Selfs al kan jou baas al hierdie dinge doen, is hy of sy dalk nie self betrokke nie, miskien omdat hy of sy vir ʼn onbevoegde leier of iemand wat onbetrokke is, werk.”

3.Organisatoriese politiek

Sakeleiers verbly hulle in die idee dat hulle maatskappye talentmagnete is, sê Chamorro-Premuzic, “maar die realiteit is dat, selfs al is hulle in staat om uitblinkers na hulle maatskappye te trek, hierdie uitblinkers sal moet leer hoe om die toksiese en nepotistiese kant van enige kultuur te navigeer – insluitend ʼn basiese graad van organisatoriese politiek.”

Algemeen gesproke, hoe meer gekontamineer en korroderend die kultuur van ʼn organisasie is, hoe meer sal parasitiese individue verrys, net soos bakterieë wat in gekontamineerde omgewings floreer.

Die meeste van die redes waarom werknemers onderpresteer, hou verband met die maatskappy wat nie proaktief is om hulle in die werkplek aan te moedig nie, sê Jay Forte, ʼn gesertifiseerde lewens- en werkplek-afrigter.

“Ons moet dit voorsien wat werknemers benodig om hulle werk goed te doen, elke keer, altyd. Ons moet ook daardie belangrike emosionele konneksie voorsien – om ʼn werknemer te help om sy of haar hart aan die werk, werkplek, bestuurder en span toe te wy.”

Jy as werkgewer het die geleentheid om hierdie punte uit die weg te ruim en ’n veilige werkomgewing vir jou werknemers te skep, waar hulle kan presteer. Bly ingeskakel by Solidariteit om op hoogte te bly van nuwe tendense, toegang tot hulpbronne te kry en jou personeelkorps kan uitbrei.

Skep jou profiel vandag nog op Solidariteit en sluit aan by jou grootste Afrikaanse tuiste vir alles oor werk!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel