loading
avatar
Artikels
18 uur gelede
werkgewer-hier-is-wat-solidariteit-vir-jou-bied-in-2026

Foto Krediet: Solidariteit

Werkgewer, hier is wat Solidariteit vir jóú bied in 2026

Deur Annélize Rood

2026 is ’n jaar vol nuwe geleenthede. Solidariteit se werkfasiliteringsafdeling  met reeds byna 140 000 gebruikers en 4 000 werkgewers wat aktief deelneem, staan gereed om jou as werkgewer te ondersteun. Solidariteit is nie net ʼn plek waar jy as werkgewer jou onderneming kan groei en gepaste kandidate kan vind nie; dit is ʼn Afrikaanse gemeenskap wat jou help om jou onderneming te versterk, jou span te bou en jou netwerk uit te brei.

Wat jy kry as werkgewer:

  • Gratis posadvertensies: Plaas soveel poste as wat jy wil, vinnig en eenvoudig en ons bemark dit verder op sosiale media en in ons netwerk.
  • • Netwerkgeleenthede: Sluit aan by netwerkgeleenthede, webinare en die jaarlikse Werkgewerskongres waar jy kan leer, deel en jou netwerk uitbrei.
  • Hulpbronne: Jy het toegang tot relevante hulpmiddels, artikels en inligting wat jou onderneming se groei en sukses ondersteun soos Solidariteit se Vaardigheidsbank waar jy kandidate met skaars vaardighede kan vind, ons Studeerkamer waar jy meer oor “gamification” en moderne werwingsmetodes kan leer, en nog vele meer: solidariteit.co.za/vaardigheidsbank (solidariteit.co.za in Bing).
  • Administratiewe gemak: Verskeie administrateurs kan jou profiel bestuur en jou werwing ondersteun.

Klik hier om vandag nog jou gratis profiel te registreer en slaan 2026 vir ʼn ses.

Bly op hoogte met ons verskeie kanale

Hier kry jy eerstehands toegang tot alles wat jou onderneming kan help van artikels en wenke tot uitnodigings na webinare en netwerkgeleenthede.

Netwerkgeleenthede en webinare om na uit te sien in 2026

In 2026 bied Solidariteit se werkfasiliteringsafdeling verskeie geleenthede aan waar jy kan leer, deel en jou netwerk kan uitbrei.

Maak ʼn knoop in jou oor!

  • Werkgewerskongres:  1 September in Pretoria
  • Werkgewerskongres: 7 Oktober in die Paarl-Kaap,
  • MHB-dag: 21 September

Jy kan uitsien na:

  • Kundiges wat insig deel oor verskeie temas.
  • Praktiese wenke wat jy direk in jou werk kan toepas.
  • Kans om jou netwerk uit te brei en ander werkgewers te ontmoet.

Ons sal die datums en verdere inligting betyds per e-pos en op ons kanale deel. Dit is jou kans om kundiges te hoor, nuwe idees te toets en jou onderneming se invloed te vergroot.

Jou vooruitskatting vir 2026

Solidariteit groei deurlopend, en dit beteken meer funksionaliteite, meer geleenthede en ʼn sterker Afrikaanse werkgemeenskap. Jy kan uitsien na ’n jaar waarin jy nie net poste vul nie, maar jou span strategies bou en jou onderneming se toekoms verseker. Ons sien uit om saam met jou te werk. Stuur gerus ʼn e-pos na werk@solidariteit.co.za vir enige navrae.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel