loading
avatar
Artikels
5 dae gelede
bou-n-doelgerigte-span-of-loopbaan-en-floreer-danksy-solidariteit

Foto Krediet: Okay Deer

Bou ʼn doelgerigte span of loopbaan, en floreer danksy Solidariteit

Deur Kyla-Ann du Toit

ʼn Suksesvolle loopbaan word nie net met ʼn goeie CV gebou nie. Dit word met die regte boublokke gebou: voortgesette leer, werksgeleenthede, beroepsnetwerke … en so gaan die lys aan. Dit is glad nie ʼn geheim nie – of jy nou werk soek of jou onderneming wil laat groei, jou volgende stap begin met die regte netwerk van werk.

Solidariteit gee vir jou toegang tot presies dít. Dit bied vir jou die ideale ruimte waar jy kan groei, leer en floreer! En die beste van alles? Jy kan vandag nog daarmee begin – heeltemal gratis!

Werksoeker: Bou ʼn doelgerigte loopbaan

Jou loopbaan gaan homself nie bou nie. Jy het ʼn doelgerigte plan, die nodige kennis en die regte ondersteuning nodig om jou loopbaan te laat floreer.

Met ʼn gratis Solidariteit-profiel kry jy toegang tot hulpmiddels wat jou kan help om jou loopbaan doelbewus te bou en nuwe geleenthede te ontsluit. Met jou Solidariteit-profiel kry werksoekers gratis toegang tot onder meer:

  • • onbeperkte poste waarvoor jy maklik aanlyn aansoek kan doen;
  • • praktiese hulpbronne soos ʼn CV- en onderhoudgids;
  • • Solidariteit se Studeerkamer met talle gidse, template en artikels wat jou kan help om jou kennis te verbreed.

Hier gaan dit nie net oor werk kry nie, maar ook om in jou werk te groei. Dit gaan oor die bou van ʼn loopbaan waarin jy werklik kan floreer en jou volle potensiaal kan bereik.

Werkgewer: Groei jou span en jou organisasie

ʼn Sterk onderneming begin by ʼn sterk span. Die regte mense kan die verskil wees tussen stagnasie en groei.

Met ʼn gratis Solidariteit-profiel kry werkgewers toegang tot ʼn netwerk van werksoekers wat nie net oor goeie kwalifikasies beskik nie, maar ook deel is van ʼn gemeenskap wat waarde heg aan kwaliteit, integriteit en ontwikkeling.

As werkgewer kan jy:

  • • gratis poste op ʼn betroubare platform adverteer;
  • • direk met kandidate skakel en aansoeke vir jou poste ontvang;
  • • toegang kry tot kursusse en netwerkgeleenthede vir jou span; en
  • • jou onderneming versterk deur werknemers te kry wat saam met jou span wíl groei.

Jou poste word ook op sosialemediaplatforms soos WhatsApp, Facebook en LinkedIn bemark.

Werk is die hart van Solidariteit. Ons wil die regte mense met die regte span verbind. Solidariteit se werkfasiliteringsplatform wil jou dus help om aan ʼn span, ʼn kultuur en ʼn onderneming te bou wat kan floreer.

Jou volgende stap begin vandag

Solidariteit se werkfasiliteringsplatform is nie net nóg ʼn werkfasiliteringsportaal nie. Dit is werklik ʼn gemeenskap waar mense mekaar ondersteun, geleenthede deel en waar jy kan deel wees van ʼn suksesvolle werksgemeenskap.

Hier bou jy nie net jou loopbaan of jou span nie; jy bou aan ʼn toekoms.

Die eerste stap om dit te doen, is eenvoudig: Registreer jou profiel op Solidariteit. Dit is gratis en vinnig, en gee jou toegang tot ʼn wêreld van geleenthede.

Klik hier om vandag nog jou profiel te registreer en begin fokus om te kan floreer!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel