Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Solidariteit bied alles wat jou kind nodig het om die nuwe skooljaar aan te pak!
Deur Marisha Hermann
Dit maak nie saak of jou kind nou eers in graad 8 is en of jy jou derde kind in 2025 deur matriek moet bid nie. Solidariteit stap saam met jou en vergemaklik jou kind se skoolloopbaan met ʼn indrukwekkende reeks aanlyn video’s wat jou kind op skool bemagtig vir sukses.
Maak seker jy bemagtig jou kind met alles wat hulle nodig het om ʼn suksesvolle loopbaan te volg deur ʼn gratis profiel op Solidariteit te skep. Hierdie unieke platform is propvol hulpbronne, waaronder “My Hoërskoolpad”, met tientalle video’s vir skoliere in die hoërskool. Met goeie navorsing is daar vir elke graad spesifieke inhoud geskep wat hulle die nodige gereedskap gee om elke graad aan te pak. Vir die graad 8’s is daar e-leerkursusse en video’s beskikbaar wat jou kind gaan help met hul aanpassing in die hoërskoolomgewing. Vakkeuses kan in graad 9 oorweldigend voel, maar dit hoef nie so te wees nie. “My Hoërskoolpad” gee omvattende inligting oor vakkeuses en verlig daarmee ook die druk van beroepskeuses. Jou kind sal definitief vele stappe voor die res wees met al hierdie hulpbronne.
Daar word gereeld in graad 11 gesê dat dit die belangrikste jaar van jou kind se skoolloopbaan is. Dis egter ook belangrik dat jou kind deel vorm van ʼn gemeenskap waar hulle ʼn stem het. Solidariteit bied daardie ondersteundende gemeenskap. As deel van hierdie aanbod word skoliere die geleentheid gebied om psigometriese toetse by een van Solidariteit se voorgestelde loopbaanvoorligters af te lê. Hierdie toetse gee goeie riglyne om ʼn beroep te kies wat by jou kind se aanleg en belangstellings pas.
Vir elke graadgroep is daar ʼn reeks video’s wat jou kind verder bemagtig om ʼn suksesvolle hoërskoolreis te ervaar. Daar is ook ʼn reeks video’s beskikbaar wat handel oor die beroepe van die toekoms – beroepe wat vandag nog nie bekend is nie, maar wat jou kind waarskynlik eendag gaan beoefen.
Dis eenvoudig om toegang te kry tot hierdie skatkis van hulpbronne vir elke hoërskoolleerder. Skep ʼn gratis profiel op Solidariteit en gee jou kind alles wat hulle nodig het om suksesvol te wees op hulle loopbaanreis.