loading
Artikels
1 week gelede
video-so-beskou-die-skoolverlaters-van-2024-die-toekoms

Foto Krediet: Okay Deer

Video: Só beskou die skoolverlaters van 2024 die toekoms

Hardwerkende planmakers met duidelike toekomsdrome – én ʼn passie vir Afrikaans.
Dít is die matrieks van 2024 en die skoolverlaters wie se sienings en behoeftes uiteengesit word in die Skoolverlatersverslag van 2024, wat Solidariteit se Skoliere-aanbod en die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) vandeesweek vrygestel het.
Dit is die vierde agtereenvolgende jaar wat die Skoolverlatersverslag vrygestel word en vanjaar het ʼn rekordgetal van 3 223 leerders van 108 hoërskole van regoor Suid-Afrika daaraan deelgeneem om ʼn groter prent te skets.
Die verslag bespreek ʼn wye reeks temas wat die wyse waarop matrikulante van 2024 na die toekoms kyk, weergee. Hierdie temas sluit in: studierigtings, vakkeuses, vrae oor loopbaanvoorligting en instellings waar matrikulante wil studeer, asook kwessies rondom moedertaalonderrig in die skool sowel as kwessies rondom verder studie.
Luidens die verslag het vanjaar se skoolverlaters ʼn toenemende behoefte om in Afrikaans onderrig te word – sowel op skool as op tersiêre vlak.
Die persentasie leerders wat aangedui het hulle wil ná skool in Afrikaans studeer, het sedert die 2023-verslag van 48,46% tot 51,59% toegeneem.
Hulle gee ook die redes vir hul voorkeur van Afrikaans as onderrigtaal.
Die verslag bied ook interessante insigte oor voorgenome studierigtings, sowel as die wyse waarop hul studies gefinansier gaan word.
Johnell Prinsloo, onderwysnavorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het die studie behartig.
Volg hierdie skakel vir Prinsloo se volledige bespreking oor die inhoud van die Skoolverlatersverslag, of klik hier om die verslag te bestudeer.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel