loading
Artikels
2 weke gelede
matriek-ouer-hier-is-vir-jou-raad

Foto Krediet: OkayDeer

Matriek-ouer: Hier is vir jou raad

Deur Marisha Hermann

Dis die jaar van baie laaste laastes en baie eerste laastes – die laaste eerste dag van skool; die laaste laaste dag van skool; die eerste en die laaste matriekafskeid. Vir jou as ouer is dit ʼn jaar wat gevul is met dankbaarheid waar jy die rol van motiveerder speel.

Matriek is ʼn kort jaar vol opwinding! Daarom is dit van kritieke belang om te weet hoe om reg te beplan en doelwitte vir die jaar te stel. Solidariteit het die antwoorde op jou kind se vrae oor matriek en daarna.

Solidariteit se Skoliere-aanbod is propvol hulpbronne wat jou kind die geleentheid bied om ʼn stappie voor die res te wees – nie net in akademie nie, maar ook in dit wat die lewensoriënteringhandboeke nie kan leer nie.

Die allesomvattende video-leerhulpbronne op My Hoërskoolpad dek die belangrikste elemente wat jou kind in matriek benodig. Leer meer oor waarvoor NBT, AQL en MAT staan of wat die verskil tussen ’n studiebeurs en ʼn studielening is. As jy bekommerd is oor die befondsing van jou kind se studie, is daar raad vir dié bekommernis in die “Befonds jou studies só” -video.

Daar is nog vele meer, van hoe om slim doelwitte te stel tot wat ʼn gapingsjaar is en wat so ʼn jaar behels. Daar is selfs raad oor wat ʼn kind moet weet wanneer hulle uit die huis trek. Solidariteit staan jou en jou kind by, van beplanning en die invul van dokumente tot hoe om ʼn CV op te stel.

Solidariteit dink ook aan jou kind se toekoms in die werkplek. My Hoërskoolpad stel jou bekend aan interessante beroepe van die toekoms. Hierdie inligting kan jou kind help om meer oor die beroepe van die toekoms te leer en kan ook sien wat die beroep werklik behels.

Skep ’n gratis profiel om toegang te kry tot hierdie skatkis van bronne vir skoliere en laat Solidariteit jou kind bystaan op die reis na sukses.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel