Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Begin 2026 met die regte plan vir jou kind, danksy Solidariteit se Skoliere-aanbod
Deur Kyla-Ann du Toit
Liewe ouer, die nuwe skooljaar is hier! Daarmee saam kom nuwe uitdagings, nuwe geleenthede en natuurlik ook onsekerhede.
Maar moenie bekommer nie! Of jou kind nou aan die begin van hul hoërskoolloopbaan staan of reeds hul matriekjaar aanpak, Solidariteit se Skoliere-aanbod is hier om julle te help om 2026 vir ʼn ses te slaan!
Wat is die Skoliere-aanbod?
Solidariteit se Skoliere-aanbod is ʼn gratis alles-in-een-hulpbron wat ontwerp is om jou kind se hoërskoolloopbaan en toekoms ʼn stewige hupstoot te gee. Van praktiese video’s tot beroepsvoorligting – dit is soos ʼn omvattende gereedskapskis vir sukses.
Hier is wat julle met ʼn gratis Solidariteit-profiel kan verwag:
Jou kind se hoërskoolpad
#MyHoërskoolpad bestaan uit kort, kragtige video’s wat jou kind help om die hoërskoolpad met groter selfvertroue te stap. Hierdie inhoud bemagtig leerders akademies en sosiaal om ingeligte keuses oor hul toekoms te maak. Leer onder meer hoe om tyd effektief te bestuur, groepsdruk te hanteer, nuwe vriendskappe te bou en selfs hoe om eksamenstres beter te bestuur – alles op ʼn manier wat vir tieners sin maak.
Lees hier meer oor #MyHoërskoolpad.
Jou kind se belangstellings
Is jou kind nog onseker oor wat om ná skool te doen? Die Belangstellingsbepaler is deur kundiges ontwikkel om jou kind te help om hul belangstellings te identifiseer en moontlike loopbaanrigtings te verken.
Lees hier meer oor die Belangstellingsbepaler.
Jou kind se #Vakkeuses
Moenie raai nie – weet! Solidariteit se #Vakkeuse-videoreeks verduidelik presies wat elke vak behels en help jou kind om slim en ingeligte keuses te maak wat hul toekoms sal vorm.
Lees hier meer oor die #Vakkeuse-video’s of kyk hierdie video.
Beroepe van die toekoms
Dink buite die gewone! Rigtings soos nanowetenskap entelechirurgie raak al hoe meer relevant. Met Solidariteit se Beroepe van die Toekoms-videoreeks kan jou kind meer leer oor opwindende, moderne beroepe wat hulle in die toekoms kan beoefen.
Lees hier meer oor dié videoreeks.
Jou kind se boublokke vir sukses
“My Boublokke” is ʼn spesiale ruimte wat spesifiek vir hoërskoolleerders ontwikkel is. Dit bied toegang tot praktiese hulpmiddels soos ʼn CV-gids, oefenvraestelle, webinare, ʼn tiener-joernaal en nog vele meer. Alles is doelbewus ontwerp om leerders in elke fase van hoërskool te ondersteun.
Loopbaanvoorligting en studiehulp
Solidariteit bied ook toegang tot loopbaanadvies én studiebeurse- en lenings, want ons weet hoe belangrik dit is om voorbereid te wees vir wat ná matriek wag.
Almal wat wíl studeer, móét kan studeer! Daarom stel Solidariteit ʼn lys beskikbaar van verskeie instellings en hul kontakbesonderhede waar julle vir finansiële studiehulp kan aanklop.
Laat jou kind voorbereid wees vir 2026
Jou kind hoef nie alleen deur hoërskool te gaan nie. Met Solidariteit aan julle sy, het julle ʼn plan van aksie, waardevolle hulpbronne en ʼn span wat werklik omgee. Maak dus seker jou kind begin hierdie jaar met die regte plan en die regte ondersteuning.
Klik hier om sommer vandag nog jou kind se gratis profiel te registreer en help jou kind om 2026 vir ʼn ses te slaan, danksy Solidariteit se Skoliere-aanbod!