loading
avatar
Artikels
3 weke gelede
solidariteit-se-skoliere-aanbod-slim-keuses-verseker-n-blink-toekoms

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit se Skoliere-aanbod: Slim keuses verseker ʼn blink toekoms!

Deur Kyla-Ann du Toit

Liewe Ouer, jou kind se toekoms begin nie eers oor ʼn paar jaar wanneer hulle matriek slaag en universiteit toe gaan of begin werk nie – dit begin reeds vandag!

Is jou kind onseker oor watter vakke om te kies of wat om ná skool te studeer? Moenie stres nie! Solidariteit se Skoliere-aanbod is werklik ʼn alles-in-een-hulpbron vir hoërskoolleerders. Solidariteit is hier om jou en jou kind te help om slim vakkeuses te maak, sodat hulle nie oor ʼn paar jaar in ʼn doodloopstraat beland nie.

Hier is wat die Skoliere-aanbod jou kind bied:

  • • #MyHoërskoolpad: Maklik verstaanbare video’s wat jou kind met skoolwerk help en hulle voorberei vir die toekoms – van graad 8 tot 12.
  • • #Vakkeuse-video’s: Moenie raai oor vakke nie. Solidariteit se #Vakkeuse-video’s verduidelik presies wat om te verwag en help jou kind om opsies te verken, die regte vakke te kies en ingeligte besluite oor hul toekoms te neem.
  • • Belangstellingsbepaler: Hierdie gratis hulpmiddel sal jou kind help om hul belangstellings te ontdek en die moontlike rigting wat hul toekoms kan aanneem.
  • • Loopbaanvoorligting: Is jou kind onseker oor hul toekomstige loopbaan? Kry leiding en advies by ʼn kundige oor jou kind se loopbaanpad.
  • • Studieondersteuning: Solidariteit help ouers en skoliere om betyds toegang tot ʼn lys van beskikbare studiebeurse en -lenings te kry. Só help Solidariteit om ʼn suksesvolle toekoms te verseker.
  • • My Boublokke: My Boublokke is ʼn toegewyde ruimte vir jou kind se ontwikkeling en groei. Solidariteit verskaf ʼn reeks hulpbronne, soos ʼn CV-gids, ʼn tienertruuks-joernaal, oefenvraestelle en webinare om jou kind deur hoërskool te ondersteun.
  • • Beroepe van die Toekoms: Vind uit watter cool, nuwe beroepe daar beskikbaar is – van robotika-ingenieurs tot nano-wetenskaplikes.

Solidariteit se Skoliere-aanbod is jou kind se “cheat code” om die regte vakke te kies en só hul drome te bewaarheid. Bou vandag die regte fondament vir jou kind waarop hul toekomsplanne beplan en gebou kan word.

En weet jy wat is die beste deel? Solidariteit stap elke tree van jou kind se hoërskoolpad saam sodat jou kind met selfvertroue besluite oor hul toekoms kan neem.

Klik hier om vandag nog jou kind se gratis profiel op Solidariteit te skep en sluit aan by Solidariteit se Skoliere-aanbod. Laat jou kind die skrywer van hul eie suksesverhaal word!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel