loading
avatar
Artikels
1 week gelede
aanboord-akademie-gee-nuwe-werknemers-n-voorsprong

Fotokrediet: OkayDeer

Aanboord Akademie: Gee nuwe werknemers ʼn voorsprong

Caria van der Merwe

Die eerste 90 dae in ʼn nuwe werk is dikwels deurslaggewend vir ʼn werknemer se aanpassing en toekomstige sukses. Vir werkgewers is dit ʼn geleentheid om van die begin af die grondslag vir produktiwiteit, professionaliteit en goeie werksverhoudinge te lê.

Solidariteit se Leer-aanbod stel daarom Aanboord Akademie bekend; ʼn praktiese e-leeropleidingspakket wat werkgewers help om nuwe werknemers met noodsaaklike werkplekvaardighede toe te rus.

Die regte vaardighede vanaf dag een

ʼn Nuwe werknemer moet meer leer as net die verantwoordelikhede van ʼn pos. Professionele kommunikasie, werkpleketiket, tydsbestuur en digitale vaardighede speel alles ʼn rol in hoe suksesvol iemand by ʼn nuwe werksomgewing aanpas.

Aanboord Akademie fokus op vyf kernareas:

  • • Verstaan die werkplek: Kleredrag, professionele grense en kantooretiket.
  • • Kommunikasie en mensevaardighede: E-posetiket, telefoonetiket en werkplekkommunikasie.
  • • Digitale vaardighede: Outlook en kunsmatige intelligensie in die werkplek.
  • • Produktiwiteit: Doeltreffende tydsbestuur.
  • • Persoonlike ontwikkeling: Emosionele intelligensie en konflikbestuur.

Werknemers kan die kursusse aanlyn en teen hul eie tempo voltooi. Hulle ontvang ook lewenslange toegang tot die opleidingsmateriaal, sodat hulle enige tyd hul kennis kan verfris.

ʼn Slim belegging in jou werknemers

Aanboord Akademie bied werkgewers ʼn praktiese manier om hul bestaande aanboordproses te versterk sonder die noodsaaklikheid van uitgebreide interne opleiding.

Die pakket kos R3 000 per persoon, met spesiale groepaanbiedinge:

  • • Koop 5 en kry 2 gratis.
  • • Koop 10 en kry 3 gratis.
  • • Koop 15 en kry 5 gratis.

Gee jou nuwe werknemers die beste moontlike wegspringplek. Maak Aanboord Akademie deel van jou onderneming se aanboordproses en belê van dag een af in hul professionele ontwikkeling.

Vir meer inligting of om die opleidingspakket aan te koop, kontak Solidariteit se afdeling vir voortgesette leer by sleer@solidariteit.co.za.

Laai nou S af vir toegang tot hierdie splinternuwe opleidingspakket!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel