Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Aanlyn regshulp: Jou eie arbeidsregsadviseur in die palm van jou hand!
Was jy al ooit in ʼn situasie by die werkplek waar jy gevoel het jy het moontlik arbeidsregsadvies nodig, maar die probleem lyk te gering om ʼn prokureur te gaan sien?
Miskien vra jou werkgewer gereeld dat jy oortyd werk, maar jy is nie seker wat jou regte is nie. Of dalk het jy ʼn waarskuwing of kennisgewing van ʼn dissiplinêre verhoorontvang en weet nie of die proses regverdig is nie.
Baie mense weet glad nie waar om te begin wanneer hulle antwoorde oor arbeidsreg soek nie.
Gelukkig maak Solidariteit se nuwe arbeidsregsadviseur in KI-vorm, Aanlyn regshulp, dit nou makliker as ooit om vinnig en betroubare regshulp te kry. Hierdie digitale assistent is ontwerp om jou binne sekondes duidelike, verstaanbare inligting en praktiese raad oor jou regte in die werkplek te gee.
Jou eie arbeidsregadviseur
Met hierdie funksie kan jy vrae vra oor enigiets wat met arbeidsreg of die werkplek te make het. Dit sluit onder meer die volgende in:
- • vrae oor jou dienskontrak en werkomstandighede;
- • verlof en werkure;
- • dissiplinêre prosesse by die werk;
- • ontslag en wat regverdige prosedures behels; en
- • algemene vrae oor jou regte as werknemer.
Die dae van wagtye, oproepe na kantore en hope papierwerk is verby. Gaan bloot na Solidariteit-aanlyn, klik op “Aanlyn regshulp” en vra jou vrae!
Hoe begin ek?
Enige persoon kan begin deur ʼn gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te skep. Met hierdie profiel kry jy toegang tot die hulpmiddel en jy kan twee vrae gratis vra.
Só kry jy die geleentheid om die hulpmiddel self te toets en te sien hoe dit werk.
Lede kry gratis toegang
Wanneer jy ʼn Solidariteit-lid word, ontsluit jy onbeperkte toegang tot hierdie hulpmiddel, én vele ander voordele.
As lid kry jy:
- • onbeperkte toegang;
- • ondersteuning met arbeidsregsake wanneer dit nodig is;
- • toegang tot Solidariteit se regspanne wat jou bystaan met enige werkverwante kwessie; en
- • ʼn gemeenskap wat saam bou, beskerm en veg vir werknemers se regte.
Met ander woorde, as jy lidmaatskap het kry jy vinnig antwoorde en hulp binne jou bereik. En as dit nie genoeg is nie, is daar ʼn hele regspan wat agter jou staan.
Bemagtig jouself – ken jou regte
Baie mense besef eers hoe belangrik arbeidsregskennis is wanneer hulle in ʼn moeilike situasie by die werk beland. Gelukkig hoef dit nie met jou te gebeur nie.
Registreer sommer nou jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn en probeer Solidariteit se Aanlyn regshulp!