loading
Artikels
9 maande gelede
afrikanerstigting-vir-afrikaners-buiteland

Foto Krediet: AfriForum

Promosie: Die Afrikanerstigting bewerkstellig nuwe steun vir Afrikaners vanuit die buiteland

Die Solidariteit Beweging spog met ʼn splinternuwe instelling – die Afrikanerstigting. Dié organisasie is die Beweging se nuutste inisiatief om samewerking en steun met Afrikaners in die buiteland te fasiliteer.

Die Afrikanerstigting, onder leiding van die organisasie se uitvoerende direkteur dr. Ernst Roets, het in Julie 2024 tot stand gekom en is ʼn voertuig waarmee die doelstellings van die Solidariteit Beweging versnel kan word.

Volgens dr. Roets het die slagspreuk #OnsSalSelf ons generasie van Afrikaners geïnspireer om eie oplossings vir ons eie probleme te vind. Ons oplossings word op eie bodem gevind; dit lê by ons eie mense, en nie by die regering of in die buiteland nie.

Die Afrikanerstigting benadruk dat hierdie ingesteldheid ruimte skep vir samewerking met vriende en vennote, en dit is in hierdie verband wat dié organisasie ʼn taak het om te vervul.

“Die doelwit van die stigting is om samewerking en steun buite Suid-Afrika te fasiliteer vir die werk waarby die onderskeie instellings van die Solidariteit Beweging betrokke is,” sê dr. Roets.

Die Afrikanerstigting werf dus steun om Afrikanergemeenskappe te dien sodat ons ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms kan bou. Die projekte waarby die stigting reeds betrokke is, sluit die volgende in:

  • • die bou van ʼn stad – Orania;
  • • die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) wat Christelike Afrikaanse onderwys bevorder;
  • • steun vir die bevordering en uitbouing van die Afrikaanse hoëropleidingsinstelling, Akademia; en
  • • gemeenskapsopheffing deur steun te werf vir Helpende Hand om plaaslike gemeenskappe te ondersteun en bemagtig.

“Ons glo die tyd is ryp vir die Afrikanergemeenskap om weer sy regmatige plek in die internasionale gemeenskap in te neem.In dié verband sal ons nie net poog om steun vir ons onderskeie projekte te werf nie, maar sal ons ook aktief bydra tot die internasionale gesprek oor die beskerming van gemeenskapslewe en die bewaring van erfenis en tradisie,” sê dr. Roets.

Vind meer uit oor die Afrikanerstigting en hoe jy dié organisasie kan ondersteun. Klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel