loading
avatar
Artikels
1 dag gelede
agoa-solidariteit-n-stem-in-die-woestyn

Fotokrediet: Pexels

Agoa: Solidariteit ’n stem in die woestyn

Solidariteit se uitvoerende hoof, dr. Dirk Hermann, waarsku dat Solidariteit feitlik ’n alleenstem geword het oor die bedreiging vir Suid-Afrika se voortgesette deelname aan Agoa en die gevolge van die verlies aan voordele vir werkers.

“Solidariteit is, behalwe enkele ander uitsonderings, die enigste stem roepende in die woestyn oor Agoa. Waar is die ander vakbonde, sakelui en veral die regering?” het hy op X gevra.

Dit terwyl Solidariteit reeds jare lank in die VSA voorspraak maak om Suid-Afrika binne Agoa te hou.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging sê pas in ʼn verklaring dat daar reeds maande lank gesprekke met die Suid-Afrikaanse presidensie, die Amerikaanse ambassade in Pretoria en besluitnemers in Washington gevoer word om oplossings te vind wat almal in die land sal bevoordeel.

Buys het in die verklaring president Cyril Ramaphosa se beskuldigings van onpatriotiese gedrag verwerp en dit as ’n poging bestempel om ’n sondebok vir die regering se eie diplomatieke mislukkings te vind.

Ramaphosa het Maandag Solidariteit by name uitgesonder as ’n rede vir die verslegtende verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA.

“Ons kies Suid-Afrika se kant, en nie dié van die Withuis óf Luthuli-huis nie. Hoewel ons van die ANC verskil, is ons lief vir die land. Daarom praat ons nie die land sleg nie, al kritiseer ons die regering,” sê Buys.

Solidariteit is juis nou met die Withuis in gesprek terwyl die spertyd vir ’n aankondiging oor Suid-Afrika se voortgesette deelname aan Agoa nader kom.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel