
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Ambagslui – poste vir julle op Solidariteit
Deur Ané Janse van Rensburg
Vandag se arbeidsmark ontwikkel teen ʼn ontstellende spoed! Saam met dié groei is daar ook ʼn toename in belowende geleenthede vir individue wat ʼn passie het vir ʼn loopbaan as ʼn blouboordjiewerker.
Solidariteit se aanlyn platform, bekend as Solidariteit, skep ʼn omgewing waar mense wat so oor hul werk voel ruimte het om hul passie uit te leef. Dit is hier waar die lede van ʼn netwerk mekaar kan ondersteun en bemagtig deur die skep van en aansoekgeleenthede vir droomposte vir ambagslui! Solidariteit vat hande met sowel die werknemer as die werkgewer om ʼn werk-soek-en-gee-omgewing te skep wat ambagslui direk bevoordeel.
Dirk Smit, organiseerder van Solidariteit se Ambagnetwerk, sê: “Die platform is ʼn plek waar al die voordele wat spesifiek vir jou geld op een plek tot jou beskikking is. In ʼn werksomgewing wat so vinnig verander, is dit belangrik om gou toegang te kan kry tot poste wat in jou kraal pas. Dit is presies wat die platform doen en daar is talle poste beskikbaar wat jy deur ʼn soekfunksie kan opspoor deur sleutelwoorde daar in te tik. So kan jy vinnig beskikbare poste opspoor. Talle lede kry op die manier werk op hierdie portaal. Moenie hierdie geleentheid misloop en sonder werk sit as die geleenthede op jou drumpel is nie!”
Lees hier oor werksgeleenthede op die platform.
Solidariteit se platform is nie net ʼn werkportaal nie. Met meer as 60 aanlyn kortkursusse, help ons lede om bekwame; goed toegeruste werknemers te wees wat ʼn verskeidenheid van vaardighede onder die knie het. Só help Solidariteit jou om bo die res van aansoekers vir poste of bevordering uit te staan, en kan die platform spog met CV’s wat spreek van prestasie en kwalifikasies. “Danksy die aantal kursusse wat vir ons lede beskikbaar is en wat hulle voltooi het, maak dit lede se CV’s net soveel beter,” sê Smit.
“Ons kom al hoe meer agter dat werkgewers sukkel om geskikte kandidate vir hul poste te vind, en hulle het te make met ʼn groot personeelomset wat baie kapasiteitsuitdagings bied en soms ook reputasieskade vir die werkgewer inhou. Die platform stel ʼn versameling van CV’s van gehalte tot werkgewers se beskikking om sterk kandidate te kan kies.
Lees hier meer oor hoe jy as ʼn werkgewer ʼn ambagspos op die platform kan laai.
Skep vandag jou gratis profiel op Solidariteit en ontdek ʼn wêreld vol geleenthede vir ambagslui!