loading
Artikels
9 maande gelede
apteker-jyhoorthier-want-jy-is-die-hartklop-van-jou-gemeenskap

Foto Krediet: OkayDeer

Apteker, #JyHoortHier, want jy is die hartklop van jou gemeenskap

Voel dit ook vir jou of ons as Suid-Afrikaners oorweldig word deur onsekerheid? Ons wonder waarheen ons op pad is. Hoort ons nog hier? Hoe gemaak met ons taal wat bedreig word? Het ons nog ’n toekoms in Suid-Afrika met die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering? Het ons kinders ʼn toekoms? Waar pas ons in?

Om terug te dink aan waar ons vandaan kom en te onthou wie voor ons geveg het sodat ons kon kom waar ons is, moet vir elke Suid-Afrikaner ʼn riem onder die hart wees. Soos wat ons voorouers destyds geveg het vir vryheid vir ons taal en kultuur, veg en bou Solidariteit elke dag voort aan dieselfde droom.

Afrikaners is trots. Dit is hier in ons geboorteland waar ons taal, ambisies, tradisies en geloof hulself vestig. Dit is ons herkoms en ons toekoms.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê: “Dis hier waar jy kan braai, in Afrikaans kan lag. Dis hier waar jou mense is, jou vriende en familie. Dis Bosveld en see, Karoo en die Kruger. Dis koeksisters en melktert, biltong en blatjang. Dis kampvuur, 4 x 4 en ʼn tjoppie op hardekool. Dis rugby en nartjies, Bulle en haak Vrystaat. Dis in Afrikaans droom en bid. Dis anders, moeilik om te beskryf, maar dis ek. Dis tog duidelik: Jy hoort hier!”

Die doelwit en passie van Solidariteit se Aptekersnetwerk is om die beroep te bevorder en te beskerm, asook om die gemeenskap daaraan te herinner dat aptekers ʼn belangrike rol in die gesondheidswêreld vervul. Solidariteit se Aptekersnetwerk skep ʼn heenkome vir aptekers waar hulle mekaar kan ondersteun, saam kan leer en uitdagings saam kan aanpak. Dit is ook vir hierdie rede dat Solidariteit ’n reusagtige aanlyn gemeenskap geskep het waar werknemers en werkgewers bymekaar kan kom. Dié beroepsnetwerk is ook daarop toegespits om aptekers se beroep te beskerm én met merkwaardige oplossings vir die uitdagings wat in dié beroep ervaar word, vorendag te kom. Solidariteit se Aptekersnetwerk het ten doel om ʼn veilige omgewing te skep waar aptekers tuis, veilig en gewaardeerd kan voel.

Apteker, #JyHoortHier. Daarom veg jy teen rasmalheid en help jy ander, staan jy op teen ʼn regering wat alles sentraal wil beheer, en bou jy saam met ons universiteite en skole. Solidariteit bou ook aan jou kind se toekoms. Ons bou skaamteloos, want #JyHoortHier. Klik hier om meer te lees.

Nie net is jou beroep uitdagend nie, maar ook die gemeenskappe waarin ons leef, woon en werk. Ons word op elke front uitgedaag, maar selfs deur al die onsekerheid is ons oortuig daarvan dat jy hiér hoort! Suid-Afrika is jou geboortegrond, Afrikaans jou moedertaal en dit is hier waar jy nodig is; hier waar God jou gevestig het om ʼn verskil te maak. Ons bou aan ʼn beter toekoms.

Jy kan gratis gebruik maak van Solidariteit  as ʼn deelnemer deur ʼn profiel te skep. Dit is jou eerste stap om deel van ʼn helpmekaargemeenskap te word waar jy vry, veilig en voorspoedig kan wees, want #JyHoortHier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel