
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Aptekers kan gewaardeerd voel by Solidariteit
Deur Maryna Eksteen
“Daar is ʼn gemeenskap van aptekers aan die suidpunt van Afrika wat verenig is in hul geloof dat hul sukses in gemeenskapskrag en ʼn kultuur van elkeen help een lê. Hierdie gemeenskap is gebou op ʼn fondasie van gedeelde Westerse waardes en ʼn diepgewortelde waardering vir die tradisies en erfenis wat hul identiteit definieer.
Die wese van hierdie gemeenskap lê in sy passie vir opvoeding en opleiding én die oortuiging dat werk adel is. Dit is gedagtig hieraan dat Solidariteit ʼn splinternuwe aanlyn bymekaarkomplek gebou het, ontwerp om die Afrikaner te bemagtig op hul reis na ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms,” – Dr. Dirk Hermann, Bestuurshoof van Solidariteit.
Solidariteit se aptekersnetwerk bestaan uit ʼn gemeenskap van aptekers wat saamstaan, en beskerm en bemagtig word. Hulle bou saam aan die toekoms vir die volgende generasie. Die Solidariteit Aptekersnetwerk takel aangeleenthede wat Afrikaanse aptekers raak, onder andere insluitend hulle diensvoorwaardes, en die verlening van arbeidsregtelike advies en bystand. Lees hier meer oor Solidariteit se aptekersnetwerk.
As apteker is jy ʼn skakel tussen die gemeenskap en gehalte gesondheidsorg, en dit is ons taak om jou te ondersteun sodat jy jou roeping kan vervul. Aptekers speel ʼn onvervangbare rol in die gemeenskap se gesondheidsorg. Om ʼn apteker te wees verg nie net om elke dag by die werk op te daag nie, maar ook passie, omgee, geduld en vasberadenheid.
Aptekers staan dikwels in ʼn ondankbare posisie, waar pasiënte nie altyd die krag van ʼn apteker in die gemeenskap verstaan nie. Solidariteit se aptekersnetwerk verstaan hierdie uitdagings en het spesifieke voordele en opleidingsgeleenthede ontwikkel om jou in jou daaglikse stryd te ondersteun.
By Solidariteit kan jy seker wees daarvan dat jy jouself kan verbind met ander wat dieselfde waardes en identiteit as jy deel. Ons waarborg ook ʼn veilige en betroubare manier van identiteitsbevestiging binne die gemeenskap. Jy behoort hier waar ons streef om ʼn gemeenskap van ondersteuning en samewerking te skep, waarin elke lid ʼn ek-behoort-gevoel en betrokkenheid kan ervaar. Ons bied ook verskeie geleenthede vir interaksie en betrokkenheid binne die gemeenskap.
Ontdek jou Afrikaanse werkgemeenskap en #RaakTuis by Solidariteit se aptekersnetwerk. Klik hier om by die netwerk aan te sluit.