loading
Artikels
23 uur gelede
situasie-met-saro-sertifikate-wys-hoe-swak-administrasie-onderwysers-knou

Foto Krediet: Okay Deer

Situasie met SARO-sertifikate wys hoe swak administrasie onderwysers knou

Onderwysers in Gauteng het hulself vandeesweek meteens in ʼn posisie van uiterste onsekerheid bevind – en dit was glad nie weens hul eie toedoen nie, maar weens die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO) se interne wanadministrasie. Lees hier meer.


Die chaos het gevolg op briewe van SARO waarin talle onderwysers skielik meegedeel is dat hul registrasie verval het of dat sekere dokumentasie nie meer geldig is nie. Dit het daartoe gelei dat honderde onderwysers na SARO se kantore gestroom het om hul werkstatus te beskerm – dikwels in hul eie tyd en op eie koste – sonder enige fout aan die onderwysers se kant.

Die administratiewe gebreke by SARO het duisende onderwysers se werksekerheid op die spel geplaas is – sonder enige aanspreeklikheid van die raad self.

Solidariteit waarsku dat hierdie soort administratiewe nalatigheid nie toegelaat moet word om onderwysers se beroepstatus en inkomste te bedreig nie. Die is in tye soos dié wat lidmaatskap by Solidariteit en betrokkenheid by Solidariteit se Onderwysernetwerk broodnodige gemoedsrus bied.

“Die probleem in hierdie geval was nie net die foutiewe sertifikate nie. Die groter gevaar is die kultuur van magteloosheid wat daaruit spruit,” sê Johnell Prinsloo, onderwysnavorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

“As ʼn onderwyser kan jy deesdae eintlik nie bekostig om in so ʼn stelsel vasgevang te wees sonder ondersteuning of regsverteenwoordiging nie.”

Daarby word onderwysers toenemend die teiken van onregverdige dissiplinêre prosesse en boeliegedrag deur bestuur, en staar hulle talle ander uitdagings in die gesig – uitdagings wat Solidariteit met kundigheid namens hulle kan aanpak.

Solidariteit bied immers meer as net regsbystand. Lede kry toegang tot:

  • regshulp met betrekking tot arbeidsake, dissiplinêre stappe en kontrakte;
  • ondersteuning met registrasiekwessies en administratiewe geskille met SARO;
  • opgeleide regsverteenwoordigers wat namens lede optree;
  • ʼn gemeenskap wat nie stilbly wanneer onderwysers onregverdig behandel word nie.

Solidariteit tree gereeld namens onderwysers in en sal met toewyding voortgaan om die onderwysgemeenskap se regte te verdedig en hulle te dien.

In tye waar veral staatsinstellings wankel en staatsbeheer onderwysers gereeld in die steek laat, is dit noodsaaklik om deel van ʼn organisasie te wees wat nié sal swyg nie – een wat saam met jou staan en jou stem laat hoor.

Word vandag nog ʼn lid, want onderwysers moet nie alleen staan nie.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel