
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Solidariteit bied werkbeskerming aan lede
Deur Maryna Eksteen
Arbeidsverhoudinge bly die kern van Solidariteit en dit is ons missie om vir ons lede beskerming teen diskriminasie en uitbuiting in die werkplek te bied.
Arbeidswetgewing speel ʼn belangrike rol in die beroepswêreld en dit kan soms oorweldigend wees. Waar begin ʼn mens as jy onbillike aflegging in die gesig staar of as diskriminasie aan jou deur kom klop en jou loopbaan in die wiele kan ry? Solidariteit staan lede by deur regsverteenwoordiging aan hulle te bied oor beroepsverwante sake wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) of na die arbeidshof verwys word. Sake wat verband hou met diskriminasie of onbillike aflegging, asook kontraktuele eise word op meriete aanvaar.
Solidariteit staan lede ook by met advies oor indiensnemingskontrakte, dissiplinêre kodes asook geskille wat na die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) of die KVBA verwys word. Verder is dit vir Solidariteit baie belangrik om by sy lede teenwoordig te wees in dissiplinêre ondersoeke en betrokke te wees by besluitneming oor stakingsoptrede, uitsluiting en onwettige werkstakings, en om dringende interdikte te bekom.
Solidariteit se arbeidsregsadviseurs bied eerstelinie-regsadvies aan lede en is dikwels in staat om onmiddellike arbeidsregtelike kwessies in die werkplek by te lê deur advies aan lede te verskaf wat die deurslag kan gee om die probleem op te los. Die regsadviseurs se missie is om lede te help om voorkomend te kan optree.
As ʼn Solidariteit-lid hoef jy nie arbeidsregskwessies by jou werk alleen aan te pak nie, want ons veg die stryd saam met jou. Saam sal ons vry, veilig en voorspoedig wees. Klik hier indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie. Moenie wag tot dit te laat is nie, tree voorkomend op. Ons stap die volle pad saam met jou.
Vrywaring: Solidariteit behartig slegs arbeidsregsake wat een van Solidariteit se lidmaatskapvoordele is. Alle ander regsake (siviele reg en strafreg) word deur ander partye hanteer en maak nie deel uit van die ledevoordele van Solidariteit nie. Solidariteit Regsdienste is nie gebonde aan die advies en artikels wat op die blad gepubliseer word nie. Wanneer u ʼn artikel lees, kyk na die publikasiedatum sodat u die jongste advies kry en nie advies wat verouderd is nie.
by met advies oor indiensnemingskontrakte, dissiplinêre kodes asook geskille wat na die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) of die KVBA verwys word. Verder is dit vir Solidariteit baie belangrik om teenwoordig te wees tydens dissiplinêre ondersoeke, betrokke te wees by besluitneming oor stakingsoptrede, uitsluiting, onwettige werkstakings en om dringende interdikte te bekom.
Solidariteit se arbeidsregsadviseurs bied eerstelinie-regsadvies aan lede en is dikwels in staat om onmiddellike arbeidsregtelike kwessies in die werkplek by te lê deur advies aan lede te verskaf wat die deurslag kan gee om die probleem op te los. Die regsadviseurs se missie is om lede te help om voorkomend te kan optree.
As ‘n Solidariteit-lid hoef jy nie arbeidsregskwessies by jou werk alleen aan te pak nie want ons veg die stryd saam met jou. Saam sal ons vry, veilig en voorspoedig wees. Klik hier om vandag nog ‘n lid te word van Solidariteit.
Vrywaring: Solidariteit behartig slegs arbeidsregsake wat een van die Solidariteit-netwerk se lidmaatskapvoordele is. Alle ander regsake (siviele reg en strafreg) word deur ander partye hanteer en maak nie deel uit van die ledevoordele van Solidariteit nie. Solidariteit Regsdienste is nie gebonde aan die advies en artikels wat op die blad gepubliseer word nie. Wanneer u ʼn artikel lees, kyk na die publikasiedatum sodat u die jongste advies kry en nie advies wat verouderd is nie.