loading
Mediaverklarings
13 uur gelede
begroting-is-onaanvaarbaar-en-styging-in-btw-sal-huishoudings-knak

Foto Krediet: Pexels

Begroting is onaanvaarbaar en styging in BTW sal huishoudings knak

Solidariteit het die tesourie se voorstel om BTW met ʼn verdere 1% oor twee jaar te verhoog as “onaanvaarbaar” beskryf.

Hierdie verhoging sal sukkelende huishoudings tot by breekpunt bring, en deur dit voor te stel, wys die regering hoe hy hoegenaamd nie enige meegevoel met die mense van Suid-Afrika het nie.
Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), kan geen politieke party hierdie onaanvaarbare begrotingsvoorstel aanvaar nie.

“Indien die begroting so aanvaar word, sal dit ʼn groter vertrouensbreuk in die politieke leierskap meebring. As die ANC hom nie self tot besuiniging  wend nie, moet politieke teenstanders hierdie geleentheid gebruik om hulle te dwing om verantwoordelik op te tree.

“Dit is die minste wat Suid-Afrikaners van politieke partye in ons parlement kan verwag,” sê Du Buisson.  Hy sê verder hy glo die verwagting dat die BTW-verhoging R28 miljard se inkomste sal oplewer heel waarskynlik ʼn oorskatting is. In die geval van die vorige BTW-verhoging in 2018 het inkomste uit die verhoging  teleurgestel. 

“Dit is ook ʼn klap in die gesig van belastingbetalers dat belastingskale onaangepas bly, en dat mediesefondsbelastingkrediete nie vir inflasie aangepas is nie. 

“Hiermee word geld weereens uit gewone Suid-Afrikaners se sakke gevat, eerder as om verkwisting te beëindig. Dit lyk of die minister van finansies probeer om die middelklas ook in armes te verander. 
“Daarom lyk dit soos ʼn begroting van ʼn minister wat daarop uit is om die land te vernietig,” sê Du Buisson. 

Anders as in vorige jare het die minister niks oor spesifieke belastings, soos sondebelasting, genoem nie. 
Du Buisson sê dit skep die indruk dat hy ʼn begroting voorlê wetende dat dit nie aanvaar sal word nie.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel