
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Werksekerheid in onsekere tye
In vandag se tyd vereis sukses soveel meer as net tegniese vaardigheid in jou ambag. Daarom bied Solidariteit ʼn wye reeks kursusse wat sagte vaardighede opskerp. Lees hier meer.
Deur Lize-Mari Verster
In onsekere tye is Solidariteit se Ambagnetwerk as ʼn baken van hoop vir ambagsmanne, en bied dit beskerming en bemagtiging deur die krag van voortgesette leer.
Hierdie netwerk funksioneer as ʼn gemeenskap wat ambagsmanne op elke tree van hul loopbaanpad ondersteun, van vakleerling tot meester. Dit hou toesig oor die beroep, bied toegang tot relevante kursusse en opleidingsgeleenthede, en skep platforms vir netwerkvorming binne die industrie.
Meer as tegniese vaardigheid: Die krag van sagte vaardighede
Terwyl tegniese vaardighede die fondament van enige ambag vorm, is dit dikwels die sagte vaardighede – soos kommunikasievaardighede, probleemoplossing, aanpasbaarheid en kliëntediens – wat ʼn ambagsman in staat stel om werklik te floreer, veral wanneer die ekonomiese klimaat onvoorspelbaar is. Deur hierdie vaardighede te slyp, word ambagsmanne nie net meer veelsydig en aanpasbaar in hul huidige rolle nie, maar hulle posisioneer hulself ook vir toekomstige geleenthede en uitdagings. Sodoende word hulle bemagtig om onmisbaar in hul beroepstuiste te wees. Loer hier na al die kursusse wat Solidariteit bied.
Bemagtiging deur opleiding en ondersteuning
Solidariteit se benadering is om deur middel van die Ambagnetwerk ambagsmanne te bemagtig. Deur opleiding in sagte vaardighede aan te bied, help die netwerk sy lede om hul professionele waarde te verhoog, sterker verhoudings met kliënte en kollegas te bou, en hul loopbane proaktief te bestuur. Dit strook met Solidariteit se breër doelwit om lede tot selfstandigheid te lei sodat hulle hul roeping kan nastreef. Die ontwikkeling van hierdie vaardighede dra by tot die beskerming van die ambagsman se loopbaan, nie net deur huidige werksekerheid te versterk nie, maar ook deur nuwe deure te open en veerkragtigheid in ʼn veranderende werkslandskap te kweek.
ʼn Gemeenskap wat in jou belê
Solidariteit se Ambagnetwerk is dus meer as net ʼn professionele groepering; dit is ʼn gemeenskap wat aktief belê in die holistiese ontwikkeling van sy lede. Deur voortgesette leer, met ʼn spesifieke fokus op die ontwikkeling van noodsaaklike sagte vaardighede, word ambagsmanne toegerus om onsekere tye met groter vertroue en bekwaamheid die hoof te bied, en sodoende hul eie toekoms te bou en te beskerm.
Dirk Smit, beroepsnetwerkorganiseerder van die Solidariteit Ambagnetwerk wil graag ambagsmanne motiveer om tuis te raak by Solidariteit: “Solidariteit het nog al die jare probeer om soveel as moontlik vir hul lede te bied en beroepsnetwerke ontsluit soveel meer geleenthede vir ons lede. Persone wat nog nie lid is nie moet sonder twyfel die R204 per maand probeer afknyp en deel raak hiervan. Word vandag nog ʼn lid en staan uit bo jou kollega.”
#RaakTuis by Solidariteit se Ambagnetwerk en neem beheer van jou loopbaanontwikkeling. Klik hier om meer uit te vind en deel te word van ʼn netwerk wat jou bemagtig.