Afrikaans

English

loading
avatar
Mediaverklarings
1 dag gelede
begrotingsrede-verlig-nie-belastingdruk-nie

Fotokrediet: Verskaf

Begrotingsrede verlig nie belastingdruk nie

Die mediumtermyn begrotingsrede is ʼn mengsel van korrekte, noodsaaklike, ingrypings en groot leemtes en tekortkominge.

“Die nuwe beleidsrigting fokus sterk op die herstel van skade uit die verlede, eerder as om ʼn groeiende ekonomie te vestig. Dit lyk nie of enigiets beplan word om belastingdruk te verlig nie en aan die spanderingskant is pogings maar power,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut.

Solidariteit verwelkom die brandstofprysverligting, maar dring steeds daarop aan dat dit gepaard gaan met groter ingrypings om reserwes, fisies en finansieel, op te bou.

“Dit is nie volhoubaar vir Suid-Afrikaanse belastingbetalers om elke keer as daar ʼn krisis is te moet opdok vir brandstofprysverligting nie. Meer moet in die gunstige tye gedoen word om te verseker dat sulke prysskokke nie in hul geheel na verbruikers afgewentel word nie. Beter regulering is nou nodig,” sê hy.

Ons sou meer sekerheid oor die belasting op aanlyn dobbel waardeer het; ongelukkig sal ons tot Februarie daarvoor moet wag.

“Soos ons verslag van ʼn paar weke terug aantoon, is dit ʼn krisis wat besig is om die verbruikersekonomie te verswelg. Om dit bloot te belas sal nie die probleem oplos nie, maar as die belasting gepaard gaan met strenger regulering van die bedryf, kan dit ʼn positiewe stap in die regte rigting wees,” sê hy.

So ook is daar geen duidelikheid verskaf oor die hantering van kripto-transaksies nie. ʼn Ligpunt is darem dat dit klink of die minister die drakoniese regulasies wat vroeër vanjaar voorgestel is, verwerp.

Dit is opvallend dat bykans alle belastings genoem word as bydraers tot die groter as verwagte belastinginkomste, maar persoonlike inkomstebelasting word nie genoem nie. Dit is ʼn baie duidelike aanduiding dat werkende Suid-Afrikaners onder ernstige druk verkeer en reeds oorbelas word.

Nog iets waarvoor Solidariteit ons in die verlede beywer het, is om die tekort aan voertuie vir die SAPD aan te spreek.

“Dit is vir ons bemoedigend dat hierdie saak uiteindelik aandag geniet, in die vorm van R810 miljoen wat vir die komende jaar vir dié doel bewillig is. Polisielede het vir heeltemal te lank sonder vervoer gesukkel om misdaad te bekamp. Ons hoop dat daar vinnig opgetree sal word om hierdie fondse aan te wend,” sê hy.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel